Sy Beloftes is Waar episode artwork

EPISODE · Feb 12, 2024 · 3 MIN

Sy Beloftes is Waar

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 18:31 God se pad is volmaak. Die Here se woorde is betroubaar. Hy beskerm dié wat by Hom skuil. (NLV) Ek wil jou vandag ‘n baie belangrike vraag vra: Dink jy God kan vertrou word? Hy maak immers nogal baie beloftes in sy Woord. Party van sy beloftes lyk eerlikwaar verregaande in ons moderne haastige, deurmekaar lewe. Kan hierdie beloftes; kan Hy, vertrou word?Op byna elke gebied van die lewe is daar ‘n teorie en daar is ‘n praktyk. Jy kan die teorie bestudeer totdat die perde horings kry en tog help dit jou nie altyd daar buite in die hitte van die stryd nie.Tydens my militêre loopbaan het ons dikwels skynaanvalle op ‘n denkbeeldige vyand uitgevoer. Dit was alles goed en wel, aangesien ons nie lewendige ammunisie in ons gewere gehad het nie.Ek onthou hoe ek destyds gedink het, hoe dit sou gevoel het indien dit die ware Jakob was? Indien ons in ‘n ware oorlogsituasie gewikkel was. Hoe sou dit gewees het indien daar regte koeëls by ons koppe verby gezoem het? Hoe sou dit gevoel het as ek moes sien hoe my makker, wat net ‘n paar meter van my af staan, in die nek getref word? Sal die teorie in die praktyk werk? Ja, net so is God se dikwels verregaande beloftes nie vir ons ‘n werklikheid nie, totdat dit in die hitte van die stryd beproef en getoets word.Koning Dawid van Israel het Psalm 18 as ‘n lofsang aan God geskryf op die dag toe die Here hom uit die hand van al sy vyande, veral van Saul, wat hom wou vermoor, verlos het.Psalm 18:30 God se pad is volmaak. Die Here se woorde is betroubaar. Hy beskerm dié wat by Hom skuil. (NLV)Dawid het geweet waarvan hy praat. Dit is die woorde van iemand wat eerstehands, te midde van ‘n oorlewingstryd, die beloftes van God getoets het. Ja, dit is ‘n voldonge feit dat God ons soms na gevaarlike plekke lei. Maar sy woorde is betroubaar. Die Here se beloftes is altyd waar. Hy beskerm diegene wat op Hom vertrou.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 12, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 18:31 God se pad is volmaak. Die Here se woorde is betroubaar. Hy beskerm dié wat by Hom skuil. (NLV) Ek wil jou vandag ‘n baie belangrike vraag vra: Dink jy God kan vertrou word? Hy maak immers nogal baie beloftes in sy Woord. Party van sy beloftes lyk eerlikwaar verregaande in ons moderne haastige, deurmekaar lewe. Kan hierdie beloftes; kan Hy, vertrou word? Op byna elke gebied van die lewe is daar ‘n teorie en daar is ‘n praktyk. Jy kan die teorie bestudeer ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Sy Beloftes is Waar

0:00 3:01

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 12, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!