Te Midde van ons Probleme episode artwork

EPISODE · Dec 17, 2024 · 2 MIN

Te Midde van ons Probleme

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine 5:3-5 Dis egter nie al nie – ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter; en betroubaarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting. En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. (NLV) As jy vandag ‘n lys moes maak van al die dinge in jou lewe, wat jy wens nie daar was nie; hoe sal jou lysie lyk? Wat is die goed wat jy sommer onmiddellik van die lys sou wou uitvee?Ons het almal ten minste 'n paar items op ons lys, of hoe? Miskien is dit net 'n paar klein dingetjies, of miskien is daar een of twee baie groot items wat jou lewe heeltemal verwoes.Hoe groot of hoe onbenullig die dinge op jou lysie ook al mag lyk, daardie dinge is geneig om jou te dreineer en van jou vrede, jou vreugde, jou gevoel van verwondering en afwagting en jou lewenslus te beroof. En hier, waar Kersfees net ‘n paar dae weg is, laat dit jou nogal wonder hoe jy dit moontlik kan vier?Gister het ons gesien hoe die apostel Paulus saam met sy vriende in Rome bly was oor al die wonderlike dinge wat hulle geloof in Jesus vir hulle gegee het. Vrede. Genade. Seën. Vreugde. Hoop. Glorie. Fantasties! Maar in die volgende asem skryf hy in:Romeine 5:3-5 Dis egter nie al nie – ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter; en betroubaarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting. En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. (NLV)My vriend, wees verseker dat Jesus mét jou is deur jou moeilikhede, te midde daarvan en in baie opsigte, as gevolg daarvan. Hoe kan jy dit weet? Omdat Hy sy liefde uitgestort het om jou hart te vul deur die Heilige Gees wat Hy aan jou gegee het. Hou vas aan daardie waarheid. Want …Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Dec 17, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine 5:3-5 Dis egter nie al nie – ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter; en betroubaarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting. En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. (NLV) As jy vandag ‘n lys moes maak van a...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Te Midde van ons Probleme

0:00 2:45

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on December 17, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!