Teen Die Oormag Stry episode artwork

EPISODE · Jul 28, 2025 · 3 MIN

Teen Die Oormag Stry

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Samuel 17:47 Die hele wêreld sal weet dat Israel ’n God het. Almal sal weet dat die Here nie swaard en spies nodig het om sy mense te red nie. Die oorlog is die Here s’n, en Hy sal julle in ons mag oorgee!” (NLV) Elke nou en dan word ons gekonfronteer deur oorweldigende situasies. 'n Huwelik wat op die rotse loop; 'n gesondheidsprognose wat ons tot in ons wese ontstel; 'n kontantkrisis; 'n verband wat opgeroep word; 'n kind wat rebelleer; die dood van 'n geliefde. Wat doen jy onder sulke omstandighede? Hoe reageer jy? Hoe kom jy daardeur sonder om heeltemal tot niet te gaan?Dit is belangrike vrae, want ons almal moet een of ander tyd sulke gebeure hanteer. Ek het krisisse beleef; jy het joune beleef en daar is waarskynlik nog meer wat vir ons almal voorlê. Die meeste van ons ken die storie van Dawid en Goliat. Israel se leër is deur die Filistyne omsingel en het 'n gewisse nederlaag in die gesig gestaar. Om sake te vererger, het die Filistyne vir Goliat, 'n reus van 'n man, wat gelyk het asof hy in staat is om enigiemand dood te maak, aan hulle kant gehad.En daar kom 'n jong, naïewe, onervare Dawid – lank voordat hy koning geword het – gereed om Goliat uit te daag. Is hy onnosel of is hy ernstig? Maar dít is wat Dawid vir die reus gesê het toe hy hom gekonfronteer het:1 Samuel 17:47 Die hele wêreld sal weet dat Israel ’n God het. Almal sal weet dat die Here nie swaard en spies nodig het om sy mense te red nie. Die oorlog is die Here s’n, en Hy sal julle in ons mag oorgee!” (NLV)Jy weet ongetwyfeld hoe dit eindig. Met 'n enkele ou klippie in sy slingervel gaan Dawid voort om Goliat te verslaan.Reuse sal oor jou pad kom. Jou kanse op oorwinning sal onmoontlik lyk. Maar in plaas daarvan om in desperaatheid jou oë op jou omstandighede te hou, kan jy kies om God na jou omstandighede te laat kyk. Vertrou Hom. Vertrou op Hom met jou hele hart.Want … Die oorlog is die Here s’n.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 28, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Samuel 17:47 Die hele wêreld sal weet dat Israel ’n God het. Almal sal weet dat die Here nie swaard en spies nodig het om sy mense te red nie. Die oorlog is die Here s’n, en Hy sal julle in ons mag oorgee!” (NLV) Elke nou en dan word ons gekonfronteer deur oorweldigende situasies. 'n Huwelik wat op die rotse loop; 'n gesondheidsprognose wat ons tot in ons wese ontstel; 'n kontantkrisis; 'n verband wat opgeroep word; 'n kind wat rebelleer; die dood van 'n geliefde. Wat...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Teen Die Oormag Stry

0:00 3:07

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 28, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!