Totaal Oorgegee episode artwork

EPISODE · Aug 28, 2025 · 3 MIN

Totaal Oorgegee

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailGalasiërs 2: 19b, 20... Ek is saam met Christus gekruisig. Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Die lewe wat ek nou op aarde leef, leef ek deur geloof in die Seun van God, Hy wat sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf. (NLV) “Oorgawe” is 'n woord wat 'n hele klomp negatiewe konnotasies meebring. En tog kan oorgawe 'n magdom voordele en seëninge wat ons nooit kon voorsien het nie, meebring.Kom ons kyk na die gevolge van die twee atoombomme wat Amerika op Japan laat ontplof het. Dit het immers hul betrokkenheid by die Tweede Wêreldoorlog beëindig.Dit was verskriklik en het baie lewens geëis, maar Japan se oorgawe, het 'n tydperk van intense heropbou onder Amerikaanse leiding ingelui. Die besetting het demokratiese hervormings, ekonomiese hulp en toegang tot nuwe tegnologieë gebring, wat Japan binne dekades van 'n oorloggeteisterde nasie in een van die wêreld se voorste ekonomieë omskep het. Japan se na-oorlogse herlewing is inderdaad ‘n merkwaardige voorbeeld van seëninge wat op oorgawe gevolg het. En 'n volledige oorgawe van ons lewens aan Jesus, bring selfs groter seëninge.Galasiërs 2:20 Ek is saam met Christus gekruisig. Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Die lewe wat ek nou op aarde leef, leef ek deur geloof in die Seun van God, Hy wat sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf. (NLV)Dit spreek van ‘n volkome en algehele oorgawe –  Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Oorgawe word nie méér radikaal en méér volledig as dit nie.Ek was onlangs by 'n kerkdiens waar hierdie gebed gebid is – 'n gebed van totale oorgawe aan Jesus. 'n Gebed wat sonder twyfel groot seën in baie lewens sal bring:Mag die Here Jesus ons gedagtes neem en daardeur dink; ons hande neem en daardeur seën; ons monde neem en daardeur spreek; ons gees neem en daardeur bid; en bowenal, Here Jesus, ons harte neem en daardeur liefhê, sodat dit U is wat in ons leef en werk. Ons vra dit in die Naam van Jesus Christus, ons Here. AMEN.Die Christelike lewe is 'n lewe van oorgawe.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 28, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Galasiërs 2: 19b, 20... Ek is saam met Christus gekruisig. Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Die lewe wat ek nou op aarde leef, leef ek deur geloof in die Seun van God, Hy wat sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf. (NLV) “Oorgawe” is 'n woord wat 'n hele klomp negatiewe konnotasies meebring. En tog kan oorgawe 'n magdom voordele en seëninge wat ons nooit kon voorsien het nie, meebring. Kom ons kyk na die gevolge van die twee atoombomme wat Am...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Totaal Oorgegee

0:00 3:13

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 28, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!