Totsiens Ego. Hallo Jesus. episode artwork

EPISODE · Apr 11, 2026 · 3 MIN

Totsiens Ego. Hallo Jesus.

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailGalasiërs 2:20 en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. Het jy al gesien hoe jou ego, of te wel jou eie ek, jou al verblind het? Miskien klink dit 'n bietjie melodramaties, maar dis presies wat 'n oordrewe ego sal doen.In 2003, op slegs 19-jarige ouderdom, het Elizabeth Holmes die gesondheidstegnologie maatskappy, Theranos, in die hart van Silicon Valley gestig. Die maatskappy het beweer dat hulle bloedtoetse gaan revolusioneer. Holmes was absoluut gedrewe en het haarself as die volgende Steve Jobs beskou. Maar die maatskappy het nie die resultate opgelewer wat sy voorgehou het nie. Soos die krake in die navorsing gevorm het, het Elizabeth se trots haar gedryf om beleggers, pasiënte en die publiek te mislei, in plaas daarvan om die mislukking te erken. Die maatskappy waarvan die waardasie aanvanklik 9 miljard dollar was, het bankrot gespeel toe die bedrog blootgelê is. Wat as ambisie begin het, het in arrogansie ontaard. As Holmes vroeg genoeg haar foute nederig bely het, sou die skade dalk beperk kon gewees het – maar haar ego het haar gekeer. Paulus skryf in:Galasiërs 2:20 en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.Totsiens ego, hallo Jesus. Maar my vriend, dit is nie maklik om jou lewe af te lê en om Jesus as jou Here te aanvaar nie, want dit vra dat jy jou ou mens saam met Christus moet kruisig. Laat ons eerlik wees: dit is ‘n groot prys om te betaal.Maar wat volgende kom, is 'n vryheid van die self, van die ego, van ‘n doodse bestaan en die ewige dood, want nou kan ons ons lewens leef deur geloof in die Seun van God, wat ons so liefgehad het dat Hy Homself vir ons geoffer het.Ek is saam met Christus gekruisig; dis nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 11, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Galasiërs 2:20 en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. Het jy al gesien hoe jou ego, of te wel jou eie ek, jou al verblind het? Miskien klink dit 'n bietjie melodramaties, maar dis presies wat 'n oordrewe ego sal doen. In 2003, op slegs 19-jarige ouderdom, het Elizabeth Holmes die gesondheidstegnologie ma...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Totsiens Ego. Hallo Jesus.

0:00 3:11

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 11, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!