Trots is Vernietigend episode artwork

EPISODE · Apr 10, 2024 · 2 MIN

Trots is Vernietigend

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailFilippense 2:3,4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. (NLV) Sê my, geniet jy dit om saam met 'n trotse persoon te woon of te werk, of om deur ‘n paar van hulle omring te word? Dit is nie baie pret nie, is dit?Een van die mees vernietigende van alle denkwyses is beslis een wat gewortel is in trots, want vir die trotse persoon gaan alles oor hulleself. Hulle is die middelpunt van die heelal – hoe húlle voel, wat húlle wil hê en wat die mense van húlle dink.Dit lei daartoe dat hulle verblind word vir die behoeftes, die gevoelens, die vermoëns en die bydraes van ander. Hulle sal jou vertrap om húlle doel te bereik. Hulle sal jou ignoreer, jou verraai en saamsweer teen jou, om hulself, in hul eie oë en in die oë van ander, belangrik te laat lyk.God weerstaan altyd die hoogmoediges en betoon genade aan die nederiges. Kyk wat staan in die Bybel oor trots:Filippense 2:3,4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. (NLV)Voorwaar wyse raad. Ons moet ons trots oorwin as ons Jesus wil volg, want Hy het, alhoewel Hy die Seun van God was, Homself tot in die dood, ja, die dood aan die kruis, verneder.Maar dit is ook 'n heilsame les oor die keuse van mense wat ons kies om onsself mee te omring. Soos iemand eenkeer gesê het, wees versigtig wie jy op jou skip laat klim, want sommige mense sal die hele skip laat sink, net omdat hulle nie die kaptein kan wees nie.Wie is die mense met wie jy jouself omring? Moet hulle hoegenaamd op jou skip wees?Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 10, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Filippense 2:3,4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. (NLV) Sê my, geniet jy dit om saam met 'n trotse persoon te woon of te werk, of om deur ‘n paar van hulle omring te word? Dit is nie baie pret nie, is dit? Een van die mees vernietigende van alle denkwyses is beslis een wat gewortel is in trots,...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Trots is Vernietigend

0:00 2:40

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 10, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!