Trots Verblind Jou episode artwork

EPISODE · May 1, 2026 · 2 MIN

Trots Verblind Jou

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine 12:3 ... Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het. Ons het almal al gehoor dat hoogmoed tot ‘n val kom. En dit is waar! As jy al ooit toegelaat het dat jou trots handuit ruk, dan weet jy, soos ek, deur bitter ondervinding, dat jy uiteindelik lelik gaan misluk. Generaal George Custer was 'n flambojante en ambisieuse Amerikaanse leëroffisier in die 19de eeu. Hy was bekend vir sy bravade en oormatige selfvertroue en hy het homself as ‘n militêre genie beskou. In 1876, met die Slag van Little Bighorn, het hy waarskuwings geïgnoreer en die krag en vasberadenheid van die Inheemse Amerikaanse mense onderskat.Gedryf deur trots en 'n honger na glorie, het hy, met die vaste oortuiging dat hy gaan wen, sy magte verdeel en 'n roekelose aanval geloods. Die gevolg was dat sy hele afdeling uitgewis is. Sy trots het nie net tot sy eie ondergang gelei nie, maar ook tot die onnodige dood van sy manskappe.Ja, hoogmoed kom beslis tot ‘n val. So …Romeine 12:3 … Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.Die rede waarom hoogmoed tot ‘n val kom, is omdat die trots jou jou perspektief laat verloor en jou roekelose besluite laat neem. Die oplossing is dus om jouself te toets; om beheer te neem en om realisties te wees oor jou unieke vermoëns én beperkinge. Moenie jouself oorskat nie. Moenie so hoog mik dat jy tot ‘n val gaan kom nie.Moenie meer van jouself dink as wat jy behoort nie, maar wees nederig en onthou dat jou geloof ‘n geskenk uit God se hand is. Wees dankbaar vir die geloof wat jy wel ontvang het en hou op om jou met ander te vergelyk.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 1, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine 12:3 ... Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het. Ons het almal al gehoor dat hoogmoed tot ‘n val kom. En dit is waar! As jy al ooit toegelaat het dat jou trots handuit ruk, dan weet jy, soos ek, deur bitter ondervinding, dat jy uiteindelik lelik gaan misluk. Generaal George Custer was 'n flambojante en ambisieuse ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Trots Verblind Jou

0:00 2:45

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 1, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!