Uit die As episode artwork

EPISODE · Jan 14, 2025 · 2 MIN

Uit die As

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJesaja 37:31-32 Dié in Juda wat die beleg oorleef het, sal weer wortelskiet en vrugte dra. Want uit Jerusalem sal ’n oorblyfsel kom en uit Sionsberg ’n groep oorlewendes. Die ywer van die Here, die Almagtige sal daarvoor sorg.(NLV) Daar word gesê dat die aalwynplant baie genesende krag bevat. Dit mag dalk waar wees. Maar soms moet ons maar ‘n bietjie versigtig wees. Bemarkers kan sekere produkte, soos aalwyne byvoorbeeld, se waarde so ophemel en ‘n bietjie oordryf, aangesien hulle baie skoonheidsprodukte daaruit vervaardig, wat, in baie gevalle, byna niks van hierdie magiese aalwynsappies bevat nie.Die bemarkingstrategie werk omdat restourasie so 'n kragtige konsep is. Soos 'n IT-kollega van my destyds gesê het, dit is soos ‘n huis wat, van die straat af gesien, baie mooi lyk, maar, o wee, binne lyk dit anders. Jy voel oortuig dat jy ‘n produk moet koop sonder al die feite.Tot my totale skok en afgryse is daar, ondanks my gebruik, om op die ouderdom van 65, steeds trappe op en af te klim, eerder as om die hysbak te gebruik, onlangs in 'n e-pos na my verwys as “'n bejaarde man"! Grote Griet, ag nee, man! Kry vinnig vir my van daardie Aloe Vera om aan my gesig te smeer!Alle grappies op ‘n stokkie - ons het almal soms nodig om 'n bietjie te herstel; tye wanneer ons moeg, swak en kwesbaar voel; tye wanneer dit lyk asof ál wat van die goeie lewe, wat ons eens so geniet het, oorbly, net as is.Toe die nasie, Israel, besig was om uitwissing in die gesig te staar, en toe al wat van Jerusalem sou oorbly, blote as sou wees, het God vir hulle gesê:Jesaja 37:31-32 Dié in Juda wat die beleg oorleef het, sal weer wortelskiet en vrugte dra. Want uit Jerusalem sal ’n oorblyfsel kom en uit Sionsberg ’n groep oorlewendes. Die ywer van die Here, die Almagtige sal daarvoor sorg. (NLV)Onthou, die Here kan ‘n groen loot uit die as laat groei - diep wortels wat uiteindelik oorvloedige vrugte bo die grond sal dra.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 14, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Jesaja 37:31-32 Dié in Juda wat die beleg oorleef het, sal weer wortelskiet en vrugte dra. Want uit Jerusalem sal ’n oorblyfsel kom en uit Sionsberg ’n groep oorlewendes. Die ywer van die Here, die Almagtige sal daarvoor sorg.(NLV) Daar word gesê dat die aalwynplant baie genesende krag bevat. Dit mag dalk waar wees. Maar soms moet ons maar ‘n bietjie versigtig wees. Bemarkers kan sekere produkte, soos aalwyne byvoorbeeld, se waarde so ophemel en ‘n bietjie oordryf, aan...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Uit die As

0:00 2:53

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 14, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!