Untitled Episode episode artwork

EPISODE · Aug 4, 2024 · 3 MIN

Untitled Episode

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Kronieke 28:10 En jy, Salomo... Besef nou dat die Here jou gekies het om 'n gebou as heiligdom op te rig. Pak nou die werk aan en doen dit!” Ons het almal hoop en drome. Eendag droom ons hieroor … en dan daaroor… En dit is 'n goeie ding. 'n Baie goeie ding. God werk kragtig deur daardie drome van ons. Maar eendag word dit tyd om hand aan die ploeg te slaan.Dit is tog te lekker om te droom, nè? Dis wonderlik om te sit en te droom oor al die fantastiese dinge wat jy gaan doen. Jy gee jou verbeelding vrye teuels om te droom oor al die wonderlike dinge wat jy … eendag; wanneer die tyd ryp is, sal doen; eendag wanneer omstandighede ideaal is; iets wat jy vir nou so effens op die lange baan skuif.Om die waarheid te sê, ons kan sulke wonderlike dromers wees, dat die wrede werklikheid van om te begin en hand aan die ploeg te slaan, baie onaangenaam lyk. Ag nee, moet ek dit doen?  Regtig? Daardie verskriklike harde werk. Ek sal maar wag tot die tyd regtig ryp is. Maar as jy die omvang van die taak in ag neem, is dit snaaks hoe die tyd nooit regtig heeltemal reg voel nie.Koning Dawid het dit aan sy seun en opvolger, Salomo, gesê: 1 Kronieke 28:10 … En jy, Salomo... Besef nou dat die Here jou gekies het om 'n gebou as heiligdom op te rig. Pak nou die werk aan en doen dit!”Wel, as jy aanhou lees oor die gedetailleerde planne wat David aan hom oorhandig het, was die taak enorm – onthou daar was geen masjinerie, geen elektrisiteit, geen outomatisering nie.Die oprigting van die tempel het Salomo sowat sewe jaar van fyn beplanning, leierskap, logistiek en ingenieursvaardighede, soos daar nog nooit tevore gesien is nie, geneem. Dit was veeleisende en inspannende harde werk, nie net vir Salomo nie, maar vir die duisende werkers wat betrokke was.Die tyd mag dalk nooit reg voel nie. Omstandighede mag nooit ideaal lyk nie. Maar jy moet inspring en dít waartoe God jou geroep het, doen, al is dit 'n maraton. Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 4, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Kronieke 28:10 En jy, Salomo... Besef nou dat die Here jou gekies het om 'n gebou as heiligdom op te rig. Pak nou die werk aan en doen dit!” Ons het almal hoop en drome. Eendag droom ons hieroor … en dan daaroor… En dit is 'n goeie ding. 'n Baie goeie ding. God werk kragtig deur daardie drome van ons. Maar eendag word dit tyd om hand aan die ploeg te slaan. Dit is tog te lekker om te droom, nè? Dis wonderlik om te sit en te droom oor al die fantastiese dinge wat jy g...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Untitled Episode

0:00 3:08

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 4, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!