Van Aangesig tot Aangesig met God episode artwork

EPISODE · Oct 19, 2025 · 2 MIN

Van Aangesig tot Aangesig met God

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailOpenbaring 22: 3-4 Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie. Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees, en sy dienaars sal Hom dien. Hulle sal Hom sien, en sy Naam sal op hulle voorkoppe wees. Dis Sondag. Ek weet nooit of dit vandag die einde van jou week, of die begin van jou nuwe week is nie! Ek hou daarvan om aan Sondag te dink as die laaste dag van my week, voordat ek Maandag weer met ‘n splinternuwe week begin. Kan ek iets bemoedigends, iets ongeloofliks met jou deel om jou week mee af te sluit?Wel, of jy dit bemoedigend vind; en of jy dit wonderlik vind, hang af van wat jy glo met jou gaan gebeur sodra jy jou sterflike dop afskud!Ek het ‘n rukkie gelede 'n nare e-pos ontvang. Dit was vol vloekwoorde en beledigings van ‘n persoon wie se vriend hom vir die grap op ons Christianityworks se poslys ingeskryf het. "Ek haat hierdie godsdienstige gemors," het hy geskryf. Ag nou ja, ek vermoed hy sal nie bemoedig word deur wat ek nou gaan deel nie, maar ek bid dat jy wel bemoedig sal wees!Die apostel Johannes beskryf die visioen wat God hom gegee het van hoe die hemel sal wees:Openbaring 22:3-4Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie. Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees, en sy dienaars sal Hom dien. Hulle sal Hom sien, en sy Naam sal op hulle voorkoppe wees.Miskien klink dit 'n bietjie bonatuurlik, maar hier is die gevolgtrekking: Niks wat boos of skadelik is, sal daar wees nie. God en Jesus sal egter daar wees, en diegene wat in Hom glo, sal vir ewig van aangesig tot aangesig by Hom wees, en Hom aanbid. Daar sal geen pyn meer, geen siekte meer, geen trane meer, geen boosheid meer wees nie. Net die wonder van 'n ewigheid in die Teenwoordigheid van God ... vir ewig en altyd en altyd.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Oct 19, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Openbaring 22: 3-4 Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie. Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees, en sy dienaars sal Hom dien. Hulle sal Hom sien, en sy Naam sal op hulle voorkoppe wees. Dis Sondag. Ek weet nooit of dit vandag die einde van jou week, of die begin van jou nuwe week is nie! Ek hou daarvan om aan Sondag te dink as die laaste dag van my week, voordat ek Maandag weer met ‘n splinternuwe week begin. Kan ek iets bemoedigends, iets...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Van Aangesig tot Aangesig met God

0:00 2:53

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on October 19, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!