Van Beproewing tot Getuienis episode artwork

EPISODE · Apr 29, 2026 · 2 MIN

Van Beproewing tot Getuienis

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJesaja 12:3-4 Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding. Op dié dag sal julle uitroep: “Loof die Here, roep sy Naam aan, maak sy dade onder die volke bekend en verkondig dat sy Naam groot is.Die lewe maak baie snaakse draaie, nè? Die een oomblik kan jy in die dieptes van wanhoop wees. Die volgende oomblik kan jy met 'n onuitspreeklike vreugde gevul wees. En dit is so 'n keerpunt waarna ons vandag saam gaan kyk.George Müller was 'n dief, leuenaar en dronkaard. Hy was reeds op ‘n vroeë ouderdom al in die tronk. Maar in 1825, toe hy absoluut mismoedig en desperaat was, het hy teësinnig 'n Bybelstudie bygewoon. Daardie aand het iets binne-in hom gebreek. Hy het later geskryf: Ek was in groot nood. Maar toe ek sien dat Christus vir my sondes gesterf het, het vreugde my siel gevul soos nog nooit tevore nie. Die een oomblik was hy absoluut wanhopig. Die volgende was hy onuitspreeklik gelukkig. Müller het bekend geword as een van die geskiedenis se grootste manne van geloof. Hy het weeskinders versorg. Hy het, sonder om ooit vir geld te vra, op dié God wat hom uit die put gelig het, vertrou, en hy het in sy leeftyd vir meer as 10 000 wesies gesorg. Hier is God se belofte aan Israel, toe hulle op die punt gestaan het om 'n tyd van groot lyding in te gaan:Jesaja 12:3-4 Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding. Op dié dag sal julle uitroep: “Loof die Here, roep sy Naam aan, maak sy dade onder die volke bekend en verkondig dat sy Naam groot is.En dit is die belofte vir enigiemand wat, soos George Müller, hul lewe aan Jesus oorgee. Met groot vreugde sal jy vir ewig lewende water uit die dieptes van jou verhouding met Hom skep. En dan sal jy spontaan, in aanbidding met Hom praat. Jy sal ‘n dringende begeerte hê om met opregte vreugde en oortuiging, vir ander van sy groot liefde vir hulle te vertel.Van beproewing tot getuienis; van aanbidding tot sending.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 29, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Jesaja 12:3-4 Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding. Op dié dag sal julle uitroep: “Loof die Here, roep sy Naam aan, maak sy dade onder die volke bekend en verkondig dat sy Naam groot is. Die lewe maak baie snaakse draaie, nè? Die een oomblik kan jy in die dieptes van wanhoop wees. Die volgende oomblik kan jy met 'n onuitspreeklike vreugde gevul wees. En dit is so 'n keerpunt waarna ons vandag saam gaan kyk. George Müller was 'n dief, leuenaar en dron...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Van Beproewing tot Getuienis

0:00 2:46

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 29, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!