Van Drome tot Werklikheid episode artwork

EPISODE · Jun 12, 2025 · 3 MIN

Van Drome tot Werklikheid

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 14:23 Harde werk bring beloning; om net te praat, bring gebrek. Ek hou daarvan om te dagdroom – om aan dinge te dink wat my inspireer; ek peins daaroor, kyk hoe hulle vorm, dan weer verander, dan weer vorm. Ja, droom is baie pret. Maar daar is 'n groot verskil tussen ‘n droom en die werklikheid.Howard Schultz is in 1953 in 'n arm gesin uit die werkersklas in Brooklyn, New York, gebore. Hy het in 'n swak, uitdagende woonbuurt grootgeword. Terwyl hy vir 'n Sweedse maatskappy wat kombuisware voorsien, gewerk het, het Schultz opgemerk dat 'n klein besigheid in Seattle, genaamd Starbucks, 'n groot aantal koffiemakers bestel.Hy was onmiddellik geïnspireer en beïndruk en het by hulle gaan werk. Hy het later sy eie spesialiteits-koffiewinkel Il Giornale begin. Maar in 1987 het Schultz Starbucks gekoop en voortgegaan om dit van 'n klein onderneminkie in 'n wêreldwye koffie-handelsnaam te omskep.Sy ongelooflike vordering vanuit 'n swak opvoeding in Brooklyn tot die bou van 'n wêreldwye mega-handelsnaam getuig van sy visie, maar ook van sy deursettingsvermoë en pure harde werk.Hulle sê die afstand tussen jou drome en die werklikheid word 'aksie' genoem.Spreuke 14:23 Harde werk bring beloning; om net te praat, bring gebrek.Om te kan droom is wonderlik, maar dit is nie genoeg nie. God verwag van ons om na Hom te luister, Hom te gehoorsaam en geloof in Hom te hê om magtige dinge te doen.Maar Hy verwag ook van ons om hard daaraan te werk (wat ook al die ‘daaraan’ vir jou beteken). Want as jy hard werk, sal jy jou beloning ontvang. Maar as jy net oor jou drome praat en jy doen niks om jou drome te bewaarheid nie, sal jy vinnig nie genoeg hê om van te leef nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 12, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 14:23 Harde werk bring beloning; om net te praat, bring gebrek. Ek hou daarvan om te dagdroom – om aan dinge te dink wat my inspireer; ek peins daaroor, kyk hoe hulle vorm, dan weer verander, dan weer vorm. Ja, droom is baie pret. Maar daar is 'n groot verskil tussen ‘n droom en die werklikheid. Howard Schultz is in 1953 in 'n arm gesin uit die werkersklas in Brooklyn, New York, gebore. Hy het in 'n swak, uitdagende woonbuurt grootgeword. Terwyl hy vir 'n Sweeds...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Van Drome tot Werklikheid

0:00 3:01

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 12, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!