Van Intimiteit tot Gehoorsaamheid episode artwork

EPISODE · Aug 15, 2026 · 3 MIN

Van Intimiteit tot Gehoorsaamheid

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 19:15 Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser. Het jou eie woorde jou al ooit in die moeilikheid gebring? Dink aan 'n aanmerking wat jy gemaak het sonder om te dink, 'n kwaai uitbarsting, of 'n leuen wat aan die begin onskuldig gelyk het, maar later so groot geword het dat jy beheer daaroor verloor het? Ons almal verstaan daardie tipe hartseer en spyt.Gedurende die Watergate-skandaal in die 70’s het invloedryke mans in Amerika ontdek presies hoe gevaarlik geheime gedagtes en woorde kan wees. Geheime opnames in President Nixon se kantoor het gesprekke verklap wat sy hele presidentskap laat tuimel het. Woorde wat net vir die binnekring bedoel was, het op die lappe gekom en die magtigste man in die wêreld laat val.Ek en jy loop dieselfde gevaar wanneer ons geheime gedagtes en woorde allesbehalwe eervol is, nè? Koning Dawid het daardie gevaar in sy eie lewe geken. Daarom het hy hierdie gebed gebid:Psalm 19:15: Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser. Weet jy wat dit is? Dis ’n eerlike uitroep om God te vra vir integriteit. Gister het ons gesien dat diegene wat ontsag vir God het, in sy binnekring genooi word. Dis daar waar Hy sy beloftes met ons deel en ons selfs uit die moeilikheid help. Uit daardie naby vriendskap vloei hierdie begeerte: Here, laat elke woord en elke gedagte van my in lyn wees met U hart. En in Christus word daardie gebed waar. Hy verlos ons; Hy is ons Rots. Deur sy Gees verander Hy dít wat ons regtig wil hê. Hoe nader ons aan Hom kom, hoe sterker word ons verlange om Hom in alles te volg.Moenie net jou tong probeer beheer nie. Soek God se teenwoordigheid op. Smag na daardie intimiteit met Hom. Laat Hy jou hart so verander dat elke woord en elke gedagte vir Hom vreugde bring.Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 15, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 19:15 Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser. Het jou eie woorde jou al ooit in die moeilikheid gebring? Dink aan 'n aanmerking wat jy gemaak het sonder om te dink, 'n kwaai uitbarsting, of 'n leuen wat aan die begin onskuldig gelyk het, maar later so groot geword het dat jy beheer daaroor verloor het? Ons almal verstaan daardie tipe hartseer en spyt. Gedurende die Watergate-skandaal in die 70’s het invloedryke mans i...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Van Intimiteit tot Gehoorsaamheid

0:00 3:01

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 15, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!