Van Vrede en Vreugde Beroof episode artwork

EPISODE · Mar 27, 2026 · 3 MIN

Van Vrede en Vreugde Beroof

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJesaja 48:22 Maar vir die goddeloses is daar geen vrede nie, sê die Here. Jy kan alles hê wat ‘n mens kan begeer - ek praat nou van alles wat die wêreld as belangrik beskou - ‘n mooi huis, karre, rykdom, geld, mag - en tog die ellendigste lewe denkbaar leef. Waarom is dit?In 1972 het Richard Nixon, met 'n oorweldigende meerderheid, president van die Verenigde State geword. Hy was 'n briljante strateeg en hy het nie net diplomatieke ooreenkomste met China nie, maar ook belangrike wapenbeheerverdrae gesluit. Uiterlik het hy alles wat saakmaak gehad - mag, prestige en ‘n glorieryke nalatenskap.Maar sy eie korrupte optrede het dit alles verpletter. Nixon se betrokkenheid by die Watergate-skandaal: 'n toesmeerdery van onwettige aktiwiteite gekoppel aan sy oneerlike herverkiesingsveldtog, het groot bedrog en magsmisbruik onthul. Toe sy skuld op die lappe gekom het, het hy die eerste Amerikaanse president geword wat in 1974 in oneer bedank het. Dit het hom in politieke ballingskap gelaat.Sy eie korrupsie het hom van sy vrede, sy vreugde en sy waardigheid beroof. Dit het hom ván ‘n man wat ‘n wonderlike nalatenskap kon gehad het, verander in ‘n man wat die grootste presidensiële skandaal ooit veroorsaak het.Jesaja 48:22 Maar vir die goddeloses is daar geen vrede nie, sê die Here.God gee hierdie waarskuwing aan Israel aan die einde van hulle ballingskap in Babilon. Hulle ongehoorsaamheid teenoor God het hulle vir sewentig jaar lank in Babilon gevange gehou. God wil hulle terugbring na die Beloofde Land en hulle toelaat om die tempel en die land te herbou. Hy wil hulle vrede gee. Maar God het die Israeliete gewaarsku dat Hy nie sy vrede aan die mens, wat doelbewus met sy sonde voortgaan, sal gee nie. Ek weet dit is dalk deesdae nie so 'n gewilde idee nie. Ek verstaan dit.Maar ek wil jou baie ernstig vra om ag te slaan op hierdie waarskuwing; dit bepaal die wyse waarop jy die res van jou lewe gaan lei: Maar vir die goddeloses is daar geen vrede nie, sê die Here.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 27, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Jesaja 48:22 Maar vir die goddeloses is daar geen vrede nie, sê die Here. Jy kan alles hê wat ‘n mens kan begeer - ek praat nou van alles wat die wêreld as belangrik beskou - ‘n mooi huis, karre, rykdom, geld, mag - en tog die ellendigste lewe denkbaar leef. Waarom is dit? In 1972 het Richard Nixon, met 'n oorweldigende meerderheid, president van die Verenigde State geword. Hy was 'n briljante strateeg en hy het nie net diplomatieke ooreenkomste met China nie, maar oo...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Van Vrede en Vreugde Beroof

0:00 3:17

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 27, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!