Vereer die Here met Alles wat Jy Besit episode artwork

EPISODE · May 23, 2025 · 3 MIN

Vereer die Here met Alles wat Jy Besit

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 3:9 Vereer die Here met alles wat jy besit. Gee vir Hom die beste van jou oes. Miskien het jy my dit al hoor sê, maar ek gaan dit vandag weer sê, want dit is so ongelooflik belangrik. In hierdie lewe is druk onvermydelik. Stres aan die ander kant, is heeltemal opsioneel. Een van die grootste vorms van druk wat ons kan ondervind, is finansiële druk. Is jy gestres oor jou finansies?Jy kan deesdae skaars ’n koerant optel of na ’n nuusbulletin luister sonder om gekonfronteer te word deur finansiële druk waaronder so baie mense verkeer. Ja, hulle praat van inflasie, stygende rentekoerse en baie moeilike besluite wat geneem moet word. Mense voel desperaat wanneer dinge begin knyp.Daar was ook tye in my lewe wat ek eerlikwaar nie genoeg geld gehad het om kos vir volgende week te koop nie. Dit is 'n verskriklike gevoel. En namate sulke finansiële druk toeneem, namate jy dit aan jou lyf begin voel, hoe hoër styg jou stresvlakke. So, wat doen jy wanneer jy breekpunt bereik?Luister na die raad wat koning Salomo, aan sy seuns gegee het:Spreuke 3:9 Vereer die Here met alles wat jy besit. Gee vir Hom die beste van jou oes.In 'n tyd toe dit broekskeur gegaan het met my finansies, was my eerste prioriteit om vir God se werk te gee, voordat ek enige ander uitgawes aangegaan het. Ek het nie veel gehad om te gee nie, maar ek het gegee.Nee, my vriend, my finansies het nie oornag magies verbeter nie. Die druk was steeds daar. Maar die stres het begin verdamp, want soos ek gesien het hoe God dag vir dag vir my voorsien, het my vertroue in Hom begin groei.Druk is onvermydelik. Stres is opsioneel.Vereer die Here met alles wat jy besit. Gee vir Hom die beste van jou oes.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 23, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 3:9 Vereer die Here met alles wat jy besit. Gee vir Hom die beste van jou oes. Miskien het jy my dit al hoor sê, maar ek gaan dit vandag weer sê, want dit is so ongelooflik belangrik. In hierdie lewe is druk onvermydelik. Stres aan die ander kant, is heeltemal opsioneel. Een van die grootste vorms van druk wat ons kan ondervind, is finansiële druk. Is jy gestres oor jou finansies? Jy kan deesdae skaars ’n koerant optel of na ’n nuusbulletin luister sonder om g...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Vereer die Here met Alles wat Jy Besit

0:00 3:02

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 23, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!