Verlore Maar Nie Vergete Nie episode artwork

EPISODE · Aug 18, 2026 · 3 MIN

Verlore Maar Nie Vergete Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJeremia 29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting! Het jy al ooit gevoel asof jy; sonder ’n kaart, ’n kompas of enige idee van hoe om by die huis te kom, in die middel van nêrens is? Sover het jy die lewe nog heel goed hanteer - maar skielik lyk niks meer bekend nie. Dit is presies hoe dit voel wanneer planne in duie stort, wanneer verhoudings verander of wanneer die toekoms vaag lyk.Stel jou ’n trekvoël voor wat in ’n storm beland. Die wind waai hom heeltemal uit sy koers uit—kilometers ver weg van sy swerm, omring deur vreemde bome, ’n vreemde lug en vreemde geluide. Maar selfs in daardie verwarring is daar diep binne-in hom ’n instink—’n drang—om aan te hou vlieg. Want op die een of ander manier het die Een wat hom geskep het, ook die vermoë in hom ingebou om sy weg huis toe te vind. Dit is wat God gesê het in:Jeremia 29:11Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting.Dit is ’n vers wat baie aangehaal word—maar mense vergeet dikwels dat God dit vir Israel gesê het terwyl hulle nog in ballingskap in Babilon was. Gevangenes. Ontwortel. Verlore. Hy het nie ’n kits-redding beloof nie. Hy het vir hulle gesê om huise te bou, tuine te plant en gesinne groot te maak—om te lééf presies waar hulle was, met die vertroue dat sy plan steeds besig was om te ontvou, selfs dáár in ballingskap.Miskien voel jou lewe op die oomblik ’n bietjie soos Babilon—gedisoriënteerd, vertraag of heeltemal van die spoor af. Maar my vriend, selfs dáár het God jou nie verloor nie. Sy planne is nie op ys nie. Sy kompas se naald het nie geglip nie.So, hou aan vlieg. Hou aan vertrou. Dieselfde God wat vir Israel huis toe gelei het, is ook besig om jou te lei—en sy planne, selfs in die storm, is steeds goeie planne.Dit is sy Woord. Vars… vir jou… vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 18, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Jeremia 29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting! Het jy al ooit gevoel asof jy; sonder ’n kaart, ’n kompas of enige idee van hoe om by die huis te kom, in die middel van nêrens is? Sover het jy die lewe nog heel goed hanteer - maar skielik lyk niks meer bekend nie. Dit is presies hoe dit voel wanneer planne in duie stort, wanneer verhoudings verander of wanneer die toekoms vaag ly...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Verlore Maar Nie Vergete Nie

0:00 3:01

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 18, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!