Verneder Jouself episode artwork

EPISODE · Sep 21, 2024 · 3 MIN

Verneder Jouself

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJakobus 4:8-10 Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom. Was julle hande van die sonde wat daaraan kleef, julle sondaars, maak julle harte skoon, julle tweegesigte wat nie kan besluit aan wie julle getrou wil wees nie. Trane moet wys julle is jammer oor die verkeerde goed wat julle aangevang het! Treur en huil! Julle gelag moet in droefheid verander, en julle blydskap in bedruktheid! Val voor die Here neer en wys dat julle van Hom afhanklik is, en Hy sal julle optel en aan julle aansien gee. (NLV) Ons het gedurende hierdie week gesels oor die weg na grootheid, ware grootheid. Nie die onegte beeld wat die Hollywood-kultuur vir ons voorhou nie, maar die soort wat die lewens van ander vir ewig beïnvloed.Wanneer jy aan die einde van jou lewe kom, sal jou lewe bekend staan as ‘n lewe wat dié van ander mense positief vir ewig beïnvloed het? Want my vriend, as jy iemand is wat in Jesus glo, dan is dit presies waarvoor Jesus jou roep.Maar hoe kry jy dit reg? Ons is almal sondaars. Ons kyk almal in die spieël en sien ons beperkings, ons onvolmaakthede, ons mislukkings. Ek het probeer en probeer, maar dit lyk nie of ek 'n werklike verskil maak nie.Dit is glad nie so ongewoon om so te voel nie. Maar wat dink God hiervan? Wat is sy oplossing? Hoe los ons die saak vir eens en vir altyd op?Jakobus 4:8-10 Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom. Was julle hande van die sonde wat daaraan kleef, julle sondaars, maak julle harte skoon, julle tweegesigte wat nie kan besluit aan wie julle getrou wil wees nie. Trane moet wys julle is jammer oor die verkeerde goed wat julle aangevang het! Treur en huil! Julle gelag moet in droefheid verander, en julle blydskap in bedruktheid! Val voor die Here neer en wys dat julle van Hom afhanklik is, en Hy sal julle optel en aan julle aansien gee. (NLV)Die antwoord is eenvoudig: Bid tot God, erken jou sonde, vra om vergifnis, verootmoedig jouself en kweek dié soort verhouding met Hom wat Hy jou geskape het om te hê. Hou op om volgens dubbele standaarde te leef. Jy kan nie die dinge van hierdie wêreld najaag en terselfdertyd ‘n spesiale verhouding met Jesus hê nie. Kies die regte een!Val voor die Here neer en wys dat julle van Hom afhanklik is, en Hy sal julle optel en aan julle aansien gee.My vriend, Hy wil hierdie wêreld een siel op 'n slag verander … deur jou.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 21, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Jakobus 4:8-10 Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom. Was julle hande van die sonde wat daaraan kleef, julle sondaars, maak julle harte skoon, julle tweegesigte wat nie kan besluit aan wie julle getrou wil wees nie. Trane moet wys julle is jammer oor die verkeerde goed wat julle aangevang het! Treur en huil! Julle gelag moet in droefheid verander, en julle blydskap in bedruktheid! Val voor die Here neer en wys dat julle van Hom afhanklik is, en Hy sal julle optel e...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Verneder Jouself

0:00 3:05

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 21, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!