Verootmoedig Jouself Voor God episode artwork

EPISODE · Jun 6, 2024 · 2 MIN

Verootmoedig Jouself Voor God

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailFilipense 2:10,11 Só sal by die noem van Jesus se heerlike Naam elke knie in die hemel en op die aarde en onder die aarde buig, en elke tong sal bely: “Jesus Christus is Here!” En só sal God die Vader verheerlik word! (NLK) Elke nou en dan praat God deur die een of ander skynbaar onbenullige gebeurtenis met ons. Dit kan ‘n piepklein dingetjie wees, maar sy boodskap kom op ‘n magtige en onpeilbare manier na ons toe. Die einste ding het onlangs met my gebeur.Ek moes ‘n vliegrit op pad huis toe na 'n lang vlug, in Tokio onderbreek, en ek het 'n taxi na my hotel geneem. Ek het ‘n onnosel fout begaan. Ek het aan die taxibestuurder die verkeerde adres gegee. Met ons aankoms by die verkeerde hotel, was daar natuurlik geen bespreking in my naam nie. Die vriendelike ontvangsklerk het die misverstand uitgepluis, my gevra om te gaan sit en vir my 'n ander taxi bestel om my hierdie keer na die regte hotel te neem.Toe die taxi aankom, het daardie ontvangsklerk my vergesel, vir die bestuurder die korrekte adres gegee (want ek praat nie 'n woord Japannees nie) en my tasse agter in die bagasieruim gelaai. Maar hier is die ding wat my werklik aangeraak het: toe ons uitry, het daardie jong man op die sypaadjie gestaan, hy het uit respek só laag vir my gebuig, dat dit trane in my oë gebring het.Ek was nie eers 'n betalende kliënt nie. Hy sou my nooit weer sien nie. Ek was ‘n totale onbelangrike persoon vir hom, maar tog het hy my op hierdie manier vereer. En op daardie oomblik het ek myself afgevra … of dit die nederige prentjie van my lewe is, of nie? Is dit wat God sien as Hy na my kyk … of nie?Filippense 2:10,11 Só sal by die noem van Jesus se heerlike Naam elke knie in die hemel en op die aarde en onder die aarde buig, en elke tong sal bely: “Jesus Christus is Here!” En só sal God die Vader verheerlik word! (NLK)Die lewe wat Jesus eer, is die lewe wat verkondig dat Hy die Here is.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 6, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Filipense 2:10,11 Só sal by die noem van Jesus se heerlike Naam elke knie in die hemel en op die aarde en onder die aarde buig, en elke tong sal bely: “Jesus Christus is Here!” En só sal God die Vader verheerlik word! (NLK) Elke nou en dan praat God deur die een of ander skynbaar onbenullige gebeurtenis met ons. Dit kan ‘n piepklein dingetjie wees, maar sy boodskap kom op ‘n magtige en onpeilbare manier na ons toe. Die einste ding het onlangs met my gebeur. Ek moes ‘n ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Verootmoedig Jouself Voor God

0:00 2:59

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 6, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!