Vertrou op die Here episode artwork

EPISODE · Jun 3, 2025 · 3 MIN

Vertrou op die Here

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJeremia 17:7-8 Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie. Stres, of die behoefte om daarvan ontslae te raak, is die nommer een behoefte in die samelewing vandag. Wat vertel dit ons oor die manier waarop ons ons lewens leef?Miskien het jy my dit al hoor sê, maar ek sal dit weer sê, want ek weet dat dit absoluut waar is. Terwyl druk onvermydelik is, is stres opsioneel.Druk kom van alle kante na ons toe - dis die lewe. Hoe ons daarop reageer is egter ons keuse. Die stresreaksie is maar een van die opsies, hoewel dit ongelukkig vir baie mense die enigste logiese opsie is.Ek verstaan dit heeltemal. Ek was ook in daardie posisie. Maar deesdae, wanneer ek vind dat ek instinktief die eerste paar treë op die ‘strespad’ neem, is daar iets wat my keer om dit toe te laat om my lam te lê; iets wat veroorsaak dat ek omdraai en in die teenoorgestelde rigting gaan. Hier is dit:Jeremia 17:7-8 Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie.God het my nog nooit, nie een keer al, teleurgestel nie. Hy het my deur moeilike situasies bygestaan. Hy het my elke keer deur die situasie aan die anderkant uitgebring op ‘n manier wat vir my baie beter en baie meer geseënd was; ‘n oplossing waaraan ek nooit eers kon dink nie. Dit maak nie saak hoe moeilik die probleem was; hoe desperaat ek was en hoe ondraaglik daardie tye was nie, op een of ander manier het Hy altyd daarin geslaag om vrug in my lewe te kweek.Die kragtigste teenmiddel vir stres wat aan die mensdom bekend is, is die betroubaarheid van God.Dié mens wat op die Here vertrou, sal geseën word.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 3, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Jeremia 17:7-8 Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie. Stres, of die behoefte om daarvan ontslae te raak, is die nommer een behoefte in die samelewing vandag. Wat vertel dit ons oor die m...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Vertrou op die Here

0:00 3:01

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 3, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!