Vertrou op die Here episode artwork

EPISODE · May 30, 2025 · 3 MIN

Vertrou op die Here

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 3:5-8 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam. Stel jou voor - jy is in 'n piepklein bootjie op 'n kalm see en skielik begin die donderwolke inrol, die wind begin huil, jou boot begin heftig wieg en toe maak die hemel oop en emmers reën sak uit. Water stroom in, die boot sink laer in die water, jy voel of jy oor die kant gaan siekwees en in 'n vlaag van paniek besef jy dat jou lewe in gevaar is. Kan daar enigiets meer skrikwekkend as dit wees?Ek hoop en bid dat dit nooit met een van ons sal gebeur nie. En tog is daar tye in die lewe - in elke mens se lewe - wanneer verskriklike storms toeslaan. En die probleem is dat dit heeltemal buite ons beheer is om hulle te keer, om te verhoed dat ons bootjie omtiep, om te keer dat daardie verskriklike golwe ons insluk.Net 'n oomblik gelede was die see kalm, die briesie was verfrissend, die son was warm. Nou skielik gebeur dit?! En hoe erger dit word, hoe meer kom jy tot die besef dat jy nie op jou eie gaan oorleef nie. Jy is hulpeloos. Wat nou?Spreuke 3:5-8 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam.Die antwoord is tweeledig – in plaas daarvan om op jou eie krag en talente staat te maak, vertrou op God. Onthou, Hy het 'n bewese rekord van die stilmaak van storms! En in plaas daarvan om tog ‘O, so slim te wees’, draai weg van wat jy weet verkeerd is, doen wat reg is, vrees die Here. Want, glo my, dit sal genesing wees vir jou vlees en verkwikking vir jou gebeente.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 30, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 3:5-8 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam. Stel jou voor - jy is in 'n piepklein bootjie op 'n kalm see en skielik begin die donderwolke inrol, die wind begin huil, jou boot begin heftig wieg en toe maak die hemel oop ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Vertrou op die Here

0:00 3:07

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 30, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!