Vertroue in Onseker Tye episode artwork

EPISODE · Jan 3, 2024 · 2 MIN

Vertroue in Onseker Tye

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPrediker 7:14 Wees bly op die dag van voorspoed, en as daar 'n dag van teëspoed kom, sien dit so: soos die een het God ook die ander gegee, sodat die mens nie sal weet wat vir hom voorlê nie. Eksterne faktore sal sonder twyfel 'n impak hê op hoe ons oor die lewe voel. Ja, hierdie faktore beïnvloed ons in alle situasies waarin ons onsself ook al op die oomblik bevind, en watter goeie of slegte omstandighede ons ook al konfronteer. Dit spreek vanself dat goeie omstandighede ons in ‘n goeie luim plaas, terwyl moeilike omstandighede geneig is om ons swartgallig te maak. Ons emosies word geaffekteer deur ons omstandighede. En sê my: verkies jy teëspoed?Ja-nee, teëspoed het 'n manier om ons te bekruip; en om ons te bespring wanneer ons dit die minste verwag. Dink ‘n bietjie na. Wat is daar op die oomblik in jou lewe, wat jy nie vir jouself sou gekies het nie? Hoe laat dit jou voel?Goed, daar is altyd 'n mate van daardie op- en af-siklus, maar weet jy dat God ons nie geskape het om op 'n tuimeltrein, oftewel ‘n “roller coaster,” deur die lewe te ry nie. Niemand wil so lewe nie. Prediker 7:14 Wees bly op die dag van voorspoed, en as daar 'n dag van teëspoed kom, sien dit so: soos die een het God ook die ander gegee, sodat die mens nie sal weet wat vir hom voorlê nie.Die waarheid is dat God oor elke omstandigheid, wat ons konfronteer, soewerein bly … vandag, môre en die volgende dag s’n. Ja, dis reg my vriend, wanneer die lewe goed is en wanneer God ons met goeie dinge seën, moet ons dit geniet - daar is niks daarmee verkeerd nie.Maar wanneer dinge moeilik is, onthou dat daardie tye ook uit die Here se hand kom en dat Hy vertrou kan word. Wanneer jy dus die volgende keer moeilike tye in die gesig staar, kan jy vol vertroue wees, want ons God is jou vertroue waardig.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 3, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Prediker 7:14 Wees bly op die dag van voorspoed, en as daar 'n dag van teëspoed kom, sien dit so: soos die een het God ook die ander gegee, sodat die mens nie sal weet wat vir hom voorlê nie. Eksterne faktore sal sonder twyfel 'n impak hê op hoe ons oor die lewe voel. Ja, hierdie faktore beïnvloed ons in alle situasies waarin ons onsself ook al op die oomblik bevind, en watter goeie of slegte omstandighede ons ook al konfronteer. Dit spreek vanself dat goeie omst...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Vertroue in Onseker Tye

0:00 2:51

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 3, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!