Vervang Jou Skuldgevoel met Vreugde episode artwork

EPISODE · Aug 10, 2026 · 3 MIN

Vervang Jou Skuldgevoel met Vreugde

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 51:12 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Ons het almal al foute gemaak wat ons eerder sou wou uitwis. Jy het; ek het; keuses wat ons gemaak het en wens ons kon terugtrek. Maar hoe dikwels hou ons net aan om op dieselfde pad te loop - die een kompromie ná die ander - eerder as om te stop; om te draai en God om genade te smeek?Dit is presies wat met koning Dawid gebeur het. Hy het Batseba se skoonheid gesien, hy het haar begeer en hy het haar geneem. Ongeag die feit dat sy getroud was. Soos jy kan dink, was die gevolge verwoestend. Haar man, Uria, wat onskuldig was in die situasie, is vermoor. ’n Vrou se lewe is verwoes. ’n Koning se hart het verhard in sy rebellie teen God. En vir ’n tyd lank het Dawid aangegaan asof niks gebeur het nie. Klink dit vir jou bekend?God het die profeet Natan gestuur om Dawid tot sy sinne te bring. Dit was toe hy die verskriklikheid van sy dade verstaan het, dat Dawid vir God gevra het om hom te vergewe en hom rein te maak: Psalm 51:12: Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.Dawid wou nie net vergifnis hê nie - hy wou sy verhouding met God herstel. Hy wou daardie vreugde van God se verlossing terughê. Die krag van sy Gees. Hy wou weer in gehoorsaamheid wandel.En dít is God se uitnodiging aan jou vandag. Jy hoef nie vasgevang te bly in kompromieë nie. Jy hoef nie aan te hou om te maak asof alles reg is nie. Jy kan nou dadelik omdraai en God vra om jou skoon te was. Jy kan Hom vra om jou met sy Gees te vul en om die skuldgevoelens en skaamte wat jou vernietig te verwyder en jou vreugde te herstel.Moenie wag nie. Moenie jou skuldgevoelens nog een dag langer dra nie. Jesus het gesterf sodat jy vergewe kan word. Vra God om jou vreugde te herstel en vir jou ’n gees te gee wat gewillig is om Hom te gehoorsaam.Dis God se Woord. Vars... vir jou... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 10, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 51:12 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Ons het almal al foute gemaak wat ons eerder sou wou uitwis. Jy het; ek het; keuses wat ons gemaak het en wens ons kon terugtrek. Maar hoe dikwels hou ons net aan om op dieselfde pad te loop - die een kompromie ná die ander - eerder as om te stop; om te draai en God om genade te smeek? Dit is presies wat met koning Dawid gebeur het. Hy het Batseba se skoonheid gesien, hy het haar begeer...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Vervang Jou Skuldgevoel met Vreugde

0:00 3:02

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 10, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!