Vervulling vir Jou Siel episode artwork

EPISODE · Mar 15, 2024 · 3 MIN

Vervulling vir Jou Siel

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 63:6-9 U versadig my meer as die rykste kos. Met vreugdeliedere sal ek U loof. As ek op my bed lê en aan U dink, oor U nadink in die nag, onthou ek hoe U my gehelp het. Dan wil ek sing in die skaduwee van u vleuels. Ek is aan U verbind u regterhand hou my staande. (NLV) Tevredenheid. Bevrediging. Vervulling. Daardie drie woorde spreek van volledigheid, van welstand, van die lewe wat elkeen van ons so graag wil hê … maar van ‘n lewe wat die meeste mense nooit smaak nie.Ek wonder of jy my vir 'n oomblik sal vergewe, maar dis vandag my vyf en sestigste verjaardag. Dis vyf en sestig jaar sedert ek, op die 15de Maart 1959 gebore is! Ek is nou ouer as 90% van die mense wat vandag op die planeet lewe.Dit beteken ook dat ek oor die jare baie lewenservaring opgedoen het. My grys hare getuig daarvan, nè? Ja, my oë het baie gesien, my verstand het baie gewerk, my hart het gejuig en ook baie gely.En met al die water wat in my leeftyd in die see geloop het, kan ek uit ondervinding vir jou sê dat al die rykdom, al die sukses en selfs al die beroepserkenning onder die son, nie vir ons tevredenheid, bevrediging en vervulling kan gee nie. Daar is net Een wat kan:Psalm 63:5-8 U versadig my meer as die rykste kos. Met vreugdeliedere sal ek U loof. As ek op my bed lê en aan U dink, oor U nadink in die nag, onthou ek hoe U my gehelp het. Dan wil ek sing in die skaduwee van u vleuels. Ek is aan U verbind u regterhand hou my staande. (NLV)Koning Dawid het hierdie Psalm in die barre woestyn van Judea geskryf. Voorwaar 'n onherbergsame plek. Dit is blykbaar ‘n goddelose plek. En tog, was dit op daardie plek waar sy siel, soos met 'n ryk feesmaal, versadig is.Tevredenheid. Bevrediging. Vervulling. Op Een plek. By God self.My siel kleef aan Hom; Sy regterhand hou my vas.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 15, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 63:6-9 U versadig my meer as die rykste kos. Met vreugdeliedere sal ek U loof. As ek op my bed lê en aan U dink, oor U nadink in die nag, onthou ek hoe U my gehelp het. Dan wil ek sing in die skaduwee van u vleuels. Ek is aan U verbind u regterhand hou my staande. (NLV) Tevredenheid. Bevrediging. Vervulling. Daardie drie woorde spreek van volledigheid, van welstand, van die lewe wat elkeen van ons so graag wil hê … maar van ‘n lewe wat die meeste mense nooit smaa...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Vervulling vir Jou Siel

0:00 3:05

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 15, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!