Vind Jou Plekkie in die Son episode artwork

EPISODE · May 12, 2026 · 2 MIN

Vind Jou Plekkie in die Son

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMatteus 4:2-4 Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword. Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom. ” Van kleins af probeer ons elkeen ons plekkie in die son ontdek. Ons wil vasstel waar ons in hierdie wêreld inpas; waar ons behoort. Maar daar is een aspek wat ons alte maklik, tot ons eie nadeel, te ernstig opneem...Het jy al ooit na iemand anders gekyk en gedink: Sjoe, hulle is suksesvol. Ek wonder wat hulle verdien. Kyk na die motor wat hulle bestuur, die huis waarin hulle woon. Hulle het baie beter as ek gevaar.Ek het onlangs iemand, wat homself vergelyk het met ‘Chris’, een van sy ou skoolvriende wat ongelooflike sukses bereik het, hoor sê: "Die eerste ding wat ek gedink het, was, dat ek in vergelyking met Chris, so 'n mislukking is."In werklikheid gebruik ons uiterlike standaarde - veral rykdom - as ons maatstaf van sukses. Ek het dit ook vroeër gedoen. Ek kan jou verseker dat die onnodige waarde wat ons aan ons begeerte na rykdom gee, en die manier waarop ons onsself met ander vergelyk, ‘n mens se lewe verwoes.Vergelyk dit met hierdie werklikheid:Matteus 4:2-4 Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword. Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom. ” Jesus se prioriteit was om God te gehoorsaam; selfs al was Hy so lank sonder kos, het Hy nie aan sy maag gedink nie! Dit laat ons twee keer dink aan ons begeerte na welvaart, nie waar nie?C.S. Lewis het in sy boek, The Screwtape Letters, geskryf: “Voorspoed bind 'n mens aan die wêreld vas. Die mens voel asof hy sy plek in die wêreld gevind het, terwyl die wêreld inderwaarheid sy plek in hom gevind het.”Moenie toelaat dat voorspoed jou op 'n dwaalspoor lei nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 12, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Matteus 4:2-4 Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword. Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom. ” Van kleins af probeer ons elkeen ons plekkie in die son ontdek. Ons wil vasstel waar ons in hierdie wêreld inpas; waar ons behoort. ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Vind Jou Plekkie in die Son

0:00 2:58

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 12, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!