Volg My episode artwork

EPISODE · Nov 6, 2024 · 2 MIN

Volg My

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMarkus 2:13,14 Jesus het weer na die see toe gegaan. 'n Hele menigte mense het na Hom toe gekom, en Hy het hulle geleer. Toe Hy by die tolhuis verbygaan, sien Hy vir Levi seun van Alfeus daar sit, en Hy sê vir hom: “Volg My!” Levi het opgestaan en Hom gevolg. Ek dink nie ek is ál een wat sal erken dat daar tye in my lewe was, wat ek vreeslik minderwaardig gevoel het en bang was om my drome na te jaag nie. Wat sê jy?Die uitdagings lyk partykeer so groot, en jy voel so klein. En wat dit nog erger maak, is dat jy weet hoe baie jy al in die verlede drooggemaak het. En dan is dit so maklik om weer terug te val in jou arme-ekke-gevoel van minderwaardigheid. Dit maak jou lam – jy kan nie vorentoe nie.Om dit nog erger te maak; die spyker in jou doodskis - jy glo dat mense op jou neersien en jou verwerp! Dit was presies wat die mense van Levi, die Joodse tollenaar, gedink het. Die Jode van toentertyd het die tollenaars gehaat omdat hulle saam met die vyand, die Romeine, wat hulle land gesteel het, gekonkel het. En daarby het hulle hul sakke gevul met die geld waarmee hulle hulle eie mense belas het.Maar dan kom Jesus, ‘n man wat soort-van ster-status gehad het, en doen iets totaal vreemds vir hierdie tollenaar.Markus 2:13,14 Jesus het weer na die see toe gegaan. 'n Hele menigte mense het na Hom toe gekom, en Hy het hulle geleer. Toe Hy by die tolhuis verbygaan, sien Hy vir Levi seun van Alfeus daar sit, en Hy sê vir hom: “Volg My!” Levi het opgestaan en Hom gevolg.Destyds moes jy amper soort-van jou CV stuur as jy ’n leerling van ‘n rabbi wou word. Jy moes bewys dat jy verdien het om een van sy volgelinge te wees; jy moes nogal die regte stamboom ook hê! Maar hier tree Jesus, die man na wie die skare in verwondering gestroom het, heeltemal anders op; Hy verhang die bordjies en sê vir Levi – 'n gehate tollenaar! - "Volg my."As jy gedink het jy is nie goedgenoeg om Jesus te volg nie, onthou Hy het juis gekom vir iemand soos jy.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 6, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Markus 2:13,14 Jesus het weer na die see toe gegaan. 'n Hele menigte mense het na Hom toe gekom, en Hy het hulle geleer. Toe Hy by die tolhuis verbygaan, sien Hy vir Levi seun van Alfeus daar sit, en Hy sê vir hom: “Volg My!” Levi het opgestaan en Hom gevolg. Ek dink nie ek is ál een wat sal erken dat daar tye in my lewe was, wat ek vreeslik minderwaardig gevoel het en bang was om my drome na te jaag nie. Wat sê jy? Die uitdagings lyk partykeer so groot, en jy voel so ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Volg My

0:00 2:55

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on November 6, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!