Volgens Jou Dade episode artwork

EPISODE · Aug 6, 2025 · 3 MIN

Volgens Jou Dade

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailOpenbaring 2:23b ... die gemeentes sal kennis neem dat dit Ek is wat gedagtes en bedoelings deursoek. Ek sal ook aan julle elkeen gee wat julle volgens julle handel en wandel verdien. (NLV) Die media is deesdae ongenadig teenoor die Christendom. Ek verstaan dit. Voor ek Jesus ontmoet het, het die goedheid van daardie paar Christene wat ek geken het, my gewete aangekla, en, tot my skande moet ek erken, dat dit hulle 'n taamlik nare reaksie op die hals gehaal het. Maar kom ons wees eerlik, die kerk doen steeds verskriklike dinge.Oor die afgelope paar jaar was die Vatikaan betrokke by 'n komplekse finansiële verhoor wat bewerings van verduistering, bedrog en die misbruik van kerkfondse behels het. Daar word beweer dat Vatikaanse amptenare meer as 200 miljoen euro gesteel het; selfs fondse wat vir die armes bedoel was. Indien dit waar is, is dit mos onaanvaarbaar.Nee, ek pik nie net op die Katolieke nie! Ander kerke en denominasies het self maar hul eie geraamtes en geldsakkies in die kas! En tog kan ons heeldag die vinger na ander wys, terwyl ons ons eie mislukkings vermy. Hier is die vraag: hoe sal jy daarvan hou indien die pers jou as 'n skynheilige sou ontmasker, deur alles wat jy in jou lewe verkeerd gedoen het, te publiseer?So, kom laat ons hier 'n bietjie meer produktief wees. Kom ons fokus op my en op jou; op ons gedrag, ons tekortkominge, ons skynheiligheid. Want al ons donker, klein geheimpies wat ons dink vir die wêreld verborge is, lê oop en bloot voor God.Openbaring 2:23b ... die gemeentes sal kennis neem dat dit Ek is wat gedagtes en bedoelings deursoek. Ek sal ook aan julle elkeen gee wat julle volgens julle handel en wandel verdien. (NLV)Luister na my. God het jou ongelooflik lief. Hy het Jesus gestuur om te sterf om vir elkeen van jou sondes te betaal, sodat jy deur jou geloof in Hom volkome vergewe kan wees. Wees verseker, God sien dit alles.Ja, my vriend, ons kan maklik van die skynheiligheid en afskuwelike gedrag van ander mense praat, maar kom ons kyk eers in die spieël, want Hy sal aan elkeen van ons gee wat óns verdien.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 6, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Openbaring 2:23b ... die gemeentes sal kennis neem dat dit Ek is wat gedagtes en bedoelings deursoek. Ek sal ook aan julle elkeen gee wat julle volgens julle handel en wandel verdien. (NLV) Die media is deesdae ongenadig teenoor die Christendom. Ek verstaan dit. Voor ek Jesus ontmoet het, het die goedheid van daardie paar Christene wat ek geken het, my gewete aangekla, en, tot my skande moet ek erken, dat dit hulle 'n taamlik nare reaksie op die hals gehaal het. Maar ko...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Volgens Jou Dade

0:00 3:14

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 6, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!