Volhard en Eer God episode artwork

EPISODE · Nov 17, 2025 · 2 MIN

Volhard en Eer God

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailGalasiërs 6:9 Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. Kom ons wees eerlik, sommige dae voel jy net nie lus om vrolik en opgewek te wees nie; die redes daarvoor kan wissel, maar party dae voel jy net nie lus vir mense en ander aktiwiteite nie. Sommige dae voel dit sommer die beste opsie om in die bed te bly. Sommige dae …Toe ek vandag se boodskap voorberei het, het ek beslis nie lus gevoel om op te spring en te jubel nie. Ek was net besig om oor 'n borsaandoening te kom en ek het aaklig gevoel. Maar wanneer jy verantwoordelik daarvoor is om vir 365 dae per jaar VARS- boodskappe aan ons luisteraars en intekenaars, beskikbaar te stel, moet jy dit biddend skryf en opneem omdat jy jou getroue gehoor daarmee wil seën terwyl jy ook die sperdatums nakom. In tye soos hierdie onthou ek wat een van my wyse, ou dosente by die Bybelskool al daardie dekades gelede vir my gesê het: Party dae, het hy gesê, moet jy God eer en net deurdruk en voortgaan. En as dit ál is wat jy in jou het, is dit ook goed.Galasiërs 6:9 Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.Dit het baie te doen met deursettingsvermoë. Trouens, dit is een van die belangrike temas in die Bybel. En as jy kyk na die mense wat 'n werklike verskil in hierdie wêreld gemaak het en steeds maak; besef jy dat talent belangrik is, maar dat dit nie die hoofsaak is nie. Dit gaan meer daaroor dat jy op hierdie mense kan staatmaak; hulle is mense wat ten spyte van die feit dat hulle miskien siek, of moeg is, getrou opdaag wanneer hulle regtig nie die krag of die lus het om daar te wees nie.So, moenie moeg word om in jou eie klein hoekie; in jou kring van familie en vriende, werkskollegas en bure, goed te doen nie, want jy sal die oes van die ewige lewe op die regte tyd ontvang. Moenie moed opgee nie, daag op.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 17, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Galasiërs 6:9 Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. Kom ons wees eerlik, sommige dae voel jy net nie lus om vrolik en opgewek te wees nie; die redes daarvoor kan wissel, maar party dae voel jy net nie lus vir mense en ander aktiwiteite nie. Sommige dae voel dit sommer die beste opsie om in die bed te bly. Sommige dae … Toe ek vandag se boodskap voorberei het, het ek beslis nie lus ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Volhard en Eer God

0:00 2:50

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on November 17, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!