Vra vir God Vrae episode artwork

EPISODE · Jun 5, 2026 · 3 MIN

Vra vir God Vrae

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 2:3-6 indien jy na insig in die alledaagse lewe smag en meer kennis begeer oor hoe om te leef, indien jy heeltyd hierna soek soos ’n mens na kosbare silwer of na skatte soek, sal jy die Here se liefde begin verstaan. Jy sal weet hoe om wys en gelukkig te leef. Onthou egter net een saak: wysheid om reg te leef kom net van die Here af. Kennis en insig is net by Hom te kry. (DB) Wanneer ons by die punt kom waar ons glo dat ons alles weet, is daar een ding seker: ons is regtig te onnosel om te weet wat ons nie weet nie! Ons is so verblind deur ons eie opgeblase sin van ons eie slimmigheid, dat ons blind is vir die feit dat ons minder as niks weet nie. En kom ons wees eerlik, ons is almal al deur so ‘n vernederende proses.Die meeste van ons het daardie een ding waarin ons regtig uitblink; daardie een ding waarin ons beter is as die meeste mense rondom ons. Miskien is jy een van daardie mense wat, anders as ek, intuïtief aanvoel hoe ander voel? Dit is dus maklik vir jou om minagtend na iemand anders te kyk wat nie dieselfde talent as jy het nie en te dink: Wat is fout met hom? Ek is soveel beter as hy!Ek kan so vinnig soos die wind skryf. Ek kan komplekse idees bymekaarbring en dit op 'n eenvoudige maar boeiende manier verduidelik. Hoe maklik is dit dan nie vir my, om met my neus in die lug na ander te kyk wat sukkel om vlot te skryf?Wanneer ons so optree, vertroebel ons trots ons oordeel en ons weet mos hoogmoed kom tot ‘n val. So, hier is God se alternatief:Spreuke 2:3-6 ...indien jy na insig in die alledaagse lewe smag en meer kennis begeer oor hoe om te leef, indien jy heeltyd hierna soek soos ’n mens na kosbare silwer of na skatte soek, sal jy die Here se liefde begin verstaan. Jy sal weet hoe om wys en gelukkig te leef. Onthou egter net een saak: wysheid om reg te leef kom net van die Here af. Kennis en insig is net by Hom te kry. (DB)Slim mense gee slim antwoorde, maar wyse mense vra slim vrae. Hulle is nederig, hulle is leerbaar, en dit is presies wat God van ons verwag. Vra Hom om vir jou kennis en wysheid te gee.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 5, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 2:3-6 indien jy na insig in die alledaagse lewe smag en meer kennis begeer oor hoe om te leef, indien jy heeltyd hierna soek soos ’n mens na kosbare silwer of na skatte soek, sal jy die Here se liefde begin verstaan. Jy sal weet hoe om wys en gelukkig te leef. Onthou egter net een saak: wysheid om reg te leef kom net van die Here af. Kennis en insig is net by Hom te kry. (DB) Wanneer ons by die punt kom waar ons glo dat ons alles weet, is daar een ding seker: on...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Vra vir God Vrae

0:00 3:01

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 5, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!