Vrede ..of Geen Vrede Nie episode artwork

EPISODE · Jan 13, 2025 · 3 MIN

Vrede ..of Geen Vrede Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJesaja 57:19 Dan sal hulle My weer loof. En hulle sal vrede hê almal van ver en naby. Want Ek sal hulle almal genees,” sê die Here. (NLV) My liewe aarde - dis oorlog net waar jy kyk! Volgens die webwerf OurWorldInData.org, is daar elke jaar minstens 150 gevalle van gewapende konflik aan die gang. Dit is meer as in vorige dekades; maar toe reeds was daardie getal selde minder as100 op ‘n slag. Dis ‘n lelike prentjie, nè!Deesdae praat almal oor Israel, die Oekraïne en die Midde-Ooste; maar Afrika bly ook maar 'n konstante broeiplek van konflik - iets wat selde in die Weste gerapporteer word.Die verskriklike lyding oral oor die wêreld is heeltemal onaanvaarbaar. Honderde duisende mense ly daagliks. Een kind wat ly, is te veel. Een soldaat wat gedood word, is te veel, maar talle mense word daagliks afgemaai; en dit, terwyl die meeste van ons sonder om tweemaal te dink, net elke oggend opstaan, 'n warm stort neem, ontbyt eet en die dag ingaan.Maar, so skokkend as wat hierdie getalle is, is daar selfs meer intense lyding onder die gewone mense aan die gang. Ja, ons praat nou van diep persoonlike konflik. Die konflik wat byna almal in hul verhoudings en in hul binneste ervaar; daardie lyding waarmee hulle op ‘n diep persoonlike vlak worstel; daardie probleme wat hulle daagliks in die gesig staar. Wat is die antwoord? Daar is net een … God.Jesaja 57:19 Dan sal hulle My weer loof. En hulle sal vrede hê almal van ver en naby. Want Ek sal hulle almal genees,” sê die Here. (NLV)God wil hê jy moet sy vrede ervaar. Hy wil jou leer om in vrede te lewe. Jesaja gaan voort in die volgende vers en sê dat daar geen vrede is vir diegene wat kwaad doen nie.Asseblief, doen jouself 'n groot guns. Vermy die boosheid in jou lewe, kom dag-vir-dag nader aan God en laat Hom toe om vir jou 'n nuwe woord te leer: vrede.Want dit is sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 13, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Jesaja 57:19 Dan sal hulle My weer loof. En hulle sal vrede hê almal van ver en naby. Want Ek sal hulle almal genees,” sê die Here. (NLV) My liewe aarde - dis oorlog net waar jy kyk! Volgens die webwerf OurWorldInData.org, is daar elke jaar minstens 150 gevalle van gewapende konflik aan die gang. Dit is meer as in vorige dekades; maar toe reeds was daardie getal selde minder as100 op ‘n slag. Dis ‘n lelike prentjie, nè! Deesdae praat almal oor Israel, die Oekraïne en die ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Vrede ..of Geen Vrede Nie

0:00 3:11

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 13, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!