Vrede van alle Kante episode artwork

EPISODE · Nov 9, 2024 · 3 MIN

Vrede van alle Kante

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Konings 4:24,25 Salomo het geheers oor alles wes van die Eufraatrivier, van Tifsag af tot by Gasa, oor al die konings wes van die Eufraat. Na alle kante toe was daar vrede, en solank Salomo geleef het, het die Judeërs en die Israeliete van Dan af tot by Berseba veilig gewoon, elkeen met sy eie wingerdstok en sy eie vyeboom om onder te sit. Ek wonder, met watter uitdagings jy op die oomblik stoei? ’n Wankelende huwelik; ‘n gesukkel om finansieel kop bo water te hou; ’n lae selfbeeld; ’n gevoel van vrees oor die toekoms? Wat dit ook al is, dit steel jou vrede.Natuurlik gaan ons almal deur verskillende stadiums in die lewe. Daar is tye wanneer alles klopdisselboom gaan. En dan is daar tye wanneer dit beroerd gaan. En selfs as alles op die oog af kalm lyk, kan daar diep binne-in dinge wees wat alles behalwe vreedsaam is. Ja, ons stoei daar diep binne-in, daar waar ons vóél, daardie plek waar alles kook en waar ons ons probleme oor en oor herkou. Gister het ons gesien hoe God vir Dawid, die dapper koning van Israel, belowe het dat sy seun, 'n tyd van ongelooflike vrede sou beleef. Maar weet jy, arme Dawid was sy hele lewe lank in soveel gevegte betrokke, dat ek seker is dat hy nie meer kon onthou hoeveel keer sy lewe, en die toekoms van Israel, in die weegskaal gehang het nie.En tog het God vrede vir Dawid se seun en sy volk belowe. Wel, was daardie belofte waar? Ons lees in:1 Konings 4:24,25 Salomo het geheers oor alles wes van die Eufraatrivier, van Tifsag af tot by Gasa, oor al die konings wes van die Eufraat. Na alle kante toe was daar vrede, en solank Salomo geleef het, het die Judeërs en die Israeliete van Dan af tot by Berseba veilig gewoon, elkeen met sy eie wingerdstok en sy eie vyeboom om onder te sit.Al is dinge in die wêreld deurmekaar, staan God se belofte van vrede steeds. Hy het Jesus, die Vredevors, vir ons gegee. En in Hom is God se vrede, wat heeltemal anders as die wêreld s’n is, vir jou beskikbaar.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 9, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Konings 4:24,25 Salomo het geheers oor alles wes van die Eufraatrivier, van Tifsag af tot by Gasa, oor al die konings wes van die Eufraat. Na alle kante toe was daar vrede, en solank Salomo geleef het, het die Judeërs en die Israeliete van Dan af tot by Berseba veilig gewoon, elkeen met sy eie wingerdstok en sy eie vyeboom om onder te sit. Ek wonder, met watter uitdagings jy op die oomblik stoei? ’n Wankelende huwelik; ‘n gesukkel om finansieel kop bo water te hou; ’...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Vrede van alle Kante

0:00 3:02

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on November 9, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!