Vreeslose Geloof episode artwork

EPISODE · Jun 17, 2026 · 2 MIN

Vreeslose Geloof

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine 1:16 Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood. Ons beleef hoe so baie mense vandag met groot ophef vir Christus verwerp. Sulke mense verwerp die idee dat daar 'n God van liefde en geregtigheid in die hemel is; hulle verwerp die ongelooflike idee dat Hy enigiets so dramaties sou doen as om sy Seun na hierdie wêreld te stuur om vir ons aan 'n kruis te sterf, sodat ons sondes vergewe kan word en om vir ons die gawe van die ewige lewe te gee.Sommige mense hou van Jesus, en hulle sal Hom nog verdra, maar dit beteken nie dat hulle Hom sal gehoorsaam nie. Vir baie mense het kulturele Christenskap 'n veilige alternatief vir Bybelse dissipelskap geword. Die waarheid word, selfs deur die kerk, herdefinieer. Gemak word vir hulle belangriker as geloof. Die waarheid van die Evangelie word aangepas om by die mense te pas.En so het sommige mense nou al geleer om beleefd vir Jesus te knik, terwyl hulle die deur in sy gesig toeklap; hulle wil sy Troos hê, nie sy kruis nie; sy Seëninge, nie sy Heerskappy nie. Ons het die nóú pad vir die wye een verruil en Hom ons oulike gelukbringer gemaak, wat by ons wêreldse standaarde inpas.Ja, ons sien dat mense skaam geword het vir die ware Jesus. Hulle weier om te glo dat Hy die Krag het om lewens te verander en dat die mens se Ewigheid in sy hande lê. Hulle het huiwerig geword om mense van Hom te vertel, want hulle besef dat hulle eie, afgewaterde geloof, alles behalwe ‘n voorbeeld van ‘n opregte gelowige weerspieël.En kyk wat het die apostel Paulus in1ste eeu n.C., geskryf in:Romeine 1:16 Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood.My vriend, dit is God se duidelike opdrag aan jou en my, om 'n vreeslose geloof in 'n wêreld, wat Jesus as irrelevant of dwaas bestempel, uit te leef. Moenie skaam wees om ander van Jesus te vertel nie.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 17, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine 1:16 Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood. Ons beleef hoe so baie mense vandag met groot ophef vir Christus verwerp. Sulke mense verwerp die idee dat daar 'n God van liefde en geregtigheid in die hemel is; hulle verwerp die ongelooflike idee dat Hy enigiets so dramaties sou doen as om sy Seun na hierdie wêreld te stuur om vir ons aan 'n kruis te sterf...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Vreeslose Geloof

0:00 2:58

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 17, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!