EPISODE · Jun 29, 2026 · 2 MIN
Vreugde Begin Hier
from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Send us Fan MailPsalm 16:11 U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is. Die lewensreis het meer kinkels en draaie as 'n tuimeltrein. Neem een verkeerde draai op jou lewensreis... en jy sal teen hoë spoed die spoor byster raak.Het jy geweet die slim mense sê dat ons gemiddeld 500 bewuste besluite per dag neem. So sal ek en jy in ons leeftyd waarskynlik meer as 13 miljoen bewuste besluite neem.Kom ons neem aan dat 95% daarvan onbelangrik is, en kom ons sit hulle vir 'n oomblik eenkant. Dink aan die 5% - die 650 000 matige tot belangrike besluite - wat jy in jou lewe sal neem.Nou goed, kom ons sê 5% van daardie 5% is swak besluite; dan gee dit jou steeds 32 500 matige tot groot foute. Dis nogal ‘n aardige ou spulletjie, nè? Meer as genoeg om 'n lewe te verwoes. Is dit nie dalk ‘n verduideliking waarom soveel mense so ongelukkig is nie?Dawid het lewensbedreigende uitdagings gehad wat ons sekerlik nooit sal beleef nie. Maar kyk wat hy vir God gesê het in:Psalm 16:11 U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is.Dawid vind blydskap by die Here. God is sy hele lewe. Hy wys hom die pad om te neem. Hy lei vir Dawid in elke besluit, op elke kinkel en om elke draai. Wat beteken dit om so ‘n verhouding met Hom te hê?Dawid het die antwoord geken: oorvloedige blydskap.God se blydskap begin in sy Teenwoordigheid. Dit is volledig; dit is ewig; en dit hang nie van jou omstandighede af nie. Vertrou Hom; praat met Hom en laat Hom jou pad bepaal en jou met sy vreugde vul!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
What this episode covers
Send us Fan Mail Psalm 16:11 U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is. Die lewensreis het meer kinkels en draaie as 'n tuimeltrein. Neem een verkeerde draai op jou lewensreis... en jy sal teen hoë spoed die spoor byster raak. Het jy geweet die slim mense sê dat ons gemiddeld 500 bewuste besluite per dag neem. So sal ek en jy in ons leeftyd waarskynlik meer as 13 miljoen bewuste besluite neem. Kom ons neem aan dat 95% daarvan onbelangrik...
NOW PLAYING
Vreugde Begin Hier
No transcript for this episode yet