Vreugde Is Aansteeklik episode artwork

EPISODE · May 26, 2026 · 2 MIN

Vreugde Is Aansteeklik

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 126:2 Ons het gelag en gesing. Onder die nasies het hulle gesê: “Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.” Het jy al opgemerk hoe jy ook onwillekeurig gaap wanneer jy iemand anders sien gaap? Hoekom is dit so?Dit word sosiale spieëling genoem - ons breine boots instinktief die gedrag van ander na, veral diegene met wie ons emosioneel verbind is. Wanneer jy iemand sien gaap, stuur spieël-neurone in jou brein die boodskap dat jy ook nou moet gaap. So, wanneer jou vriend gaap, sê jou brein: "Ek ook!" - nie uit moegheid nie, maar uit ‘n gemeenskaplikheid.En dieselfde geld vir ons emosies. 'n Nare woord of 'n vuil kyk van iemand bederf die res van jou dag. Maar, wanneer 'n vreemdeling jou onverwags vriendelik behandel; al glimlag hy net vir jou, kan dit 'n gewone vaal dag sommer ophelder.Ek glo in Jesus. Ek is nie seker of jy ook in Hom glo nie, maar sy verlossing gee my groot vrede. En een van die dinge wat Hy ons belowe, is sy vreugde. As ons weet hoe lief Hy ons het, en wat Hy vir ons gedoen het; en wat die ewigheid vir ons inhou ... is daar mos geen rede waarom ‘n mens nie vol vreugde kan wees nie! Ja, selfs, wanneer dinge nie so glad verloop nie.Psalm 126:2 Ons het gelag en gesing. Onder die nasies het hulle gesê: “Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.”Die vreugde wat Hy vir ons gee, raak ook ander aan. Mense sien dit raak wanneer ons te midde van beproewinge, onverklaarbare vreugde, uitstraal. Ek dink hierdie wêreld het meer vreugdevolle Christene nodig. Wanneer die mense jou opregte, blywende vreugde sien, sal hulle vir hulself sê ... Sjoe! Die Here het groot dinge vir daardie ou gedoen.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 26, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 126:2 Ons het gelag en gesing. Onder die nasies het hulle gesê: “Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.” Het jy al opgemerk hoe jy ook onwillekeurig gaap wanneer jy iemand anders sien gaap? Hoekom is dit so? Dit word sosiale spieëling genoem - ons breine boots instinktief die gedrag van ander na, veral diegene met wie ons emosioneel verbind is. Wanneer jy iemand sien gaap, stuur spieël-neurone in jou brein die boodskap dat jy ook nou moet gaap. So, wan...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Vreugde Is Aansteeklik

0:00 2:37

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 26, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!