Vriende wat jou Las ligter Maak episode artwork

EPISODE · Jun 16, 2025 · 2 MIN

Vriende wat jou Las ligter Maak

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJob 6:14 “Wie medelye met 'n vriend beskou as 'n las, het die eerbied vir die Almagtige verwerp. Sommige van jou vriende is sulke oulike mense, dat jy sommer wil glimlag as jy net aan hulle dink. Dit is 'n fantastiese gevoel, nè?Ek het 'n goeie vriend in Suid-Afrika met die naam Jonathan. Hy is 'n radio-aanbieder wat die oggendprogram aanbied. Oggendprogramme is opgewek en vrolik … dit het ‘n vinnige tempo om jou in die regte gemoedstoestand te bring terwyl jy op pad werk toe is en teen die verkeer moet stoei.En Jonathan is presies die regte ou om dit te doen. Maar ek ken hom ook wanneer hy nie op die lug is nie. Ek gaan by hom tuis wanneer ek in sy area is. Sy lewe is nie sonder uitdagings nie. Sy dag begin met daardie baie, baie vroeë oggende, 'n lang rit na die radiostasie en 'n verstandelik gestremde dogter by die huis, wat dit nie maklik vir hom en sy vrou maak nie. En tog is hy een van die beste vriende waarop jy ooit kan hoop – op die lug en veral van die lug af.Jonathan se eienskap wat vir my uitstaan, is sy vriendelikheid. En dit is waaroor vriendskap gaan. Hoe kan iemand dan ‘n vriend sonder vriendelikheid wees?Job 6:14 “Wie medelye met 'n vriend beskou as 'n las, het die eerbied vir die Almagtige verwerp.Om 'n goeie vriend, 'n vriendelike vriend te hê, is 'n ongelooflike goddelike gawe. Wanneer ons aan die ontvangkant van daardie soort vriendskap is, waardeer ons dit ontsettend baie. En ons weet dat God dit ook hoog ag. Ja-nee, goeie vriende maak so 'n verskil. Hulle verlig jou las, hulle verminder jou stres. Maak seker dat jy jouself omring met 'n handvol goeie en godvresende vriende. En wat jy ook al doen, wees ook daardie soort vriend vir ander. “Wie medelye met 'n vriend beskou as 'n las, het die eerbied vir die Almagtige verwerp.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 16, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Job 6:14 “Wie medelye met 'n vriend beskou as 'n las, het die eerbied vir die Almagtige verwerp. Sommige van jou vriende is sulke oulike mense, dat jy sommer wil glimlag as jy net aan hulle dink. Dit is 'n fantastiese gevoel, nè? Ek het 'n goeie vriend in Suid-Afrika met die naam Jonathan. Hy is 'n radio-aanbieder wat die oggendprogram aanbied. Oggendprogramme is opgewek en vrolik … dit het ‘n vinnige tempo om jou in die regte gemoedstoestand te bring terwyl jy op pad...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Vriende wat jou Las ligter Maak

0:00 2:46

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 16, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!