Vrymoedigheid episode artwork

EPISODE · Jun 10, 2025 · 2 MIN

Vrymoedigheid

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailHandelinge 4:29-30 En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.” Vir die meeste van ons is vervolging iets waaraan ons nie te dikwels wil dink nie. Op ander plekke in die wêreld waar mense aktief vir hul geloof vervolg word, is dit so deel van hul lewe dat dit nie vir hulle vreemd is nie. Wat ons skok, is wanneer vervolging, wat tot dusver op ‘n veilige afstand was, op ons eie middelklas drumpel beland.Op 26 Julie 2016 is Vader Jacques Hamel, 'n 85-jarige Rooms-Katolieke priester, vermoor terwyl hy ‘n diens in 'n klein dorpie in Normandië, Frankryk, gehou het. Twee terroriste het die kerk binnegekom en nadat hulle gyselaars geneem het, het hulle vader Hamel gedwing om voor sy gemeente te knie en hom net daar tereggestel.Alhoewel dit skokkend is, is daar niks nuuts daaraan nie. Dit gebeur sedert die eerste eeu reeds met Christene.Gister het ons gesels oor Petrus en Johannes wat gearresteer en met die dood gedreig was omdat hulle mense van Jesus vertel het. Hulle het nie teruggedeins vir dreigemente nie; ook nie voldoen aan die eise van hul vervolgers nie, maar hulle het met selfvertroue van God, wat mense lief genoeg gehad het om sy enigste Seun, Jesus, na hierdie wêreld te stuur, getuig. En hulle het voortgegaan om so te bid:Handelinge 4:29-30 En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.”Hulle het gevra vir vrymoedigheid om te midde van die vervolging voort te gaan om die Goeie Nuus van Jesus te verkondig. Wees dapper wanneer vervolging oor jou pad kom, want God is by jou in daardie situasie.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 10, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Handelinge 4:29-30 En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.” Vir die meeste van ons is vervolging iets waaraan ons nie te dikwels wil dink nie. Op ander plekke in die wêreld waar mense aktief vir hul geloof vervolg word, is dit so deel van hul lewe dat dit nie vir hulle vreemd is nie. Wat ons sko...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Vrymoedigheid

0:00 2:49

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 10, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!