Vrystaat Kunstefees 2026: Huis van Sand & Leefbaar episode artwork

EPISODE · Jun 10, 2026 · 5 MIN

Vrystaat Kunstefees 2026: Huis van Sand & Leefbaar

from OFM · host OFM

Yolanda Maartens gesels met Jefferson J. Dirks-Korkee oor sy 2 vertonings by die Vrystaat Kunstefees die jaar. Huis van Sand vertel van Babs en Sandy wat leef op die leftovers van hul verlede. Hul klein karavaan is ’n pondokpaleis vol geheime – hul eie sandkasteel. Sandy het haar swerwersbestaan langs die N7 verruil vir ’n nuwe begin by Rodney, die bottel gebêre om Babs groot te maak. Maar daarmee saam het groeipyne en erfsondes gekom. Babs probeer haar herinneringe afwas, maar die stofstorms van die verlede haal haar telkens in. Hul onthou neem die gehoor op ’n verbeeldingsvlug waar grense begin vervaag. https://vrystaatkunstefees.co.za/produksies/huis-van-sand/ ‘n Nuwe Afrikaanse toneelstuk deur Nico Scheepers ondersoek die brose grense tussen familie, geheue en oorlewing. Wanneer Stefan onverwags hoor dat sy ouers op pad is – ná jare se halfsinne en ontwykende kontak – word sy noukeurig gekonstrueerde lewe stilweg ontwrig. Dit is ’n skerpsinnige en herkenbare blik op erfenis … nie net van grond of besittings nie, maar van liefde, skuld en verwyt. Met fyn waarneming en donker humor ontbloot LEEFBAAR die Afrikaner se byna bonatuurlike vermoë om in stilte te oorleef. https://vrystaatkunstefees.co.za/produksies/leefbaar/

NOW PLAYING

Vrystaat Kunstefees 2026: Huis van Sand & Leefbaar

0:00 5:24

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of OFM?

This episode is 5 minutes long.

When was this OFM episode published?

This episode was published on June 10, 2026.

What is this episode about?

Yolanda Maartens gesels met Jefferson J. Dirks-Korkee oor sy 2 vertonings by die Vrystaat Kunstefees die jaar. Huis van Sand vertel van Babs en Sandy wat leef op die leftovers van hul verlede. Hul klein karavaan is ’n pondokpaleis vol geheime – hul...

Can I download this OFM episode?

Yes, you can download this episode by clicking the download button on the episode player, or subscribe to the podcast in your preferred podcast app for automatic downloads.
URL copied to clipboard!