Waar is Jou Vestings? episode artwork

EPISODE · Jun 20, 2024 · 3 MIN

Waar is Jou Vestings?

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail2 Korintiërs 10:3-5 Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak Wat is jou natuurlike reaksie wanneer struikelblokke op jou pad dreig om jou te pootjie? Hoe hanteer jy hulle? En as jy nou mooi terugdink, hoe suksesvol het jy hulle in die verlede hanteer?Hindernisse skep stres en lyding. Ja, as ons eerlik is, het ons nie onder daardie negatiewe omstandighede altyd die beste keuses gemaak nie. En die ander belangrike ding om te verstaan, is dat nie al die hindernisse daar is om so vinnig as moontlik te oorwin nie. Dikwels is dit iets in jou hart wat eers hanteer moet word.Kom ons kyk na ‘vestings’. Ons is geneig om aan hulle te dink as die een of ander donker geestelike krag of plek buite ons, wat ons moet oorwin. Maar miskien nie. 2 Korintiërs 10:3-5 Ons lewe wel as mense, maar ons voer nie oorlog volgens menslike maatstaf nie; want die wapens van ons oorlogvoering is nie bloot menslik nie, maar hulle het goddelike krag om vestings te vernietig. Ons vernietig argumente en elke trotse struikelblok wat opgerig word teen die kennis van God, en ons neem elke gedagte gevange om Christus te gehoorsaam. (NRSV)Hierdie versie is die enigste plek in die Nuwe Testament waar die woord "vesting" gebruik word. Hier praat dit van die trotse gedagtes in die harte van gelowiges - dit is ek en jy! En daardie vestings daarbinne bedreig ons kennis van God. Skrikwekkend, nè!Ek dink aan so 'n vesting as een of ander opvatting, of een of ander gedragspatroon waaraan ons vasklou, wat in stryd is met dít wat God ons leer. En al probeer ons hoe hard, kan ons onsself nie losmaak daarvan om plek te maak vir die goeie dinge; die wysheid en die seëninge wat God vir ons beplan het nie.Dit is hoekom ons elke gedagte gevange moet neem om Christus te gehoorsaam. En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 20, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 2 Korintiërs 10:3-5 Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak Wat is jou natuurlike reaksie wanneer struikelblokke op jou pa...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Waar is Jou Vestings?

0:00 3:01

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 20, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!