Wag Anders episode artwork

EPISODE · Jul 8, 2024 · 3 MIN

Wag Anders

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 27:13,14 Tog is ek daarvan oortuig: Die Here se goedheid sal ek sien hier in die land van die lewendes. Vertrou op die Here! Wees sterk en skep moed! Ja, vertrou op die Here! (NLV) Is dit vir jou lekker om te sit en wag dat dinge gebeur? Iets goeds, iets belangriks, iets waarna jy uitgesien het, iets wat moet gebeur; of indien dit nie gebeur nie, dit groot probleme kan veroorsaak? Sê my, geniet jy dit?Die meeste van die tyd is die antwoord vir die meeste van ons … dat ons dit glad nie geniet nie. Wanneer jy 'n deurbraak nodig het, wil jy hê dit moet onmiddellik gebeur! Wanneer jy genesing nodig het, sou nóú 'n perfekte tyd gewees het, Here! Wanneer jy swaarkry, moet dit NOU ophou! Maar dit is nie oor die algemeen hoe dinge werk nie, is dit?My woordeboek sê vir my dat die definisie van ‘wag,’ is om te bly waar jy is, of om aksie uit te stel tot op 'n spesifieke tyd of tot iets gebeur. Dit is sekerlik waar, maar daardie uitstel... daardie wag, is nie maklik wanneer jy met jou lewe moet aangaan nie.Destyds moes koning Dawid van Israel nogal dikwels wag. Dit was dikwels ‘n stryd om lewe en dood. Hy moes wag terwyl hy geskuil het van sy vyand, Saul, wat sy lewe wou neem en ook van vyandige leërmagte wat hom bedreig het. Dit is iets waaroor hy gereeld in die psalms geskryf het:Psalm 27:13,14 Tog is ek daarvan oortuig: Die Here se goedheid sal ek sien hier in die land van die lewendes. Vertrou op die Here! Wees sterk en skep moed! Ja, vertrou op die Here! Hoe het hy gewag? Hy het geglo dat hy voor sy dood met sy eie oë sal sien, en in sy eie hart sal beleef, dat hy te midde van sy beproewing, die Here se goedheid sal ervaar.Beproef en sien dat die Here goed is… wag op sy volmaakte tyd. En wanneer jy verstaan dat God nooit laat is nie, wag jy met ‘n ander gesindheid.Wees sterk en skep moed! Ja, vertrou op die Here!Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 8, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 27:13,14 Tog is ek daarvan oortuig: Die Here se goedheid sal ek sien hier in die land van die lewendes. Vertrou op die Here! Wees sterk en skep moed! Ja, vertrou op die Here! (NLV) Is dit vir jou lekker om te sit en wag dat dinge gebeur? Iets goeds, iets belangriks, iets waarna jy uitgesien het, iets wat moet gebeur; of indien dit nie gebeur nie, dit groot probleme kan veroorsaak? Sê my, geniet jy dit? Die meeste van die tyd is die antwoord vir die meeste van o...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Wag Anders

0:00 3:22

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 8, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!