Wag Daarvoor episode artwork

EPISODE · Mar 8, 2024 · 2 MIN

Wag Daarvoor

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJesaja 30:18 Tog wag die Here gretig dat julle terugkom na Hom toe. Hy wil genade aan julle bewys. Die Here is ’n God wat regverdig is. Hy seën die mens wat op Hom vertrou vir hulp. Ons het in die weermag 'n gesegde gehad: “Maak gou en wag.” Dit het gelyk of ons altyd aangejaag word om betyds iewers te wees, net om ure lank te staan en wag vir iets om te gebeur.Ag nou ja, ons weet almal dat daardie "maak gou en wag"- irritasie nogal baie in die lewe voorkom. Jy voel onder druk om iewers te kom, om iets te doen … en net daar word jy, deur omstandighede buite jou beheer, vertraag.In ons 24/7 aanlyn-digitale-wêreld verwag ons dat dinge onmiddellik moet gebeur. Hoe tree jy op wanneer jy vir ‘n halfuur lank na 'n oproepsentrum se ‘ons-is-nou-by-u’ boodskap moet luister? Ja, ons weet. Ons is nie meer so geduldig om vir dinge te wag nie.En tog, om redes wat net aan Homself bekend is, is die idee om te wag vir God belangrik. Nie die soort wat ons laat murmureer, terwyl ons na daardie herhalende boodskappe luister nie, maar dié soort wat ons geduld bou, wat 'n ontvanklike hart in ons kweek.Jesaja 30:18 Tog wag die Here gretig dat julle terugkom na Hom toe. Hy wil genade aan julle bewys. Die Here is ’n God wat regverdig is. Hy seën die mens wat op Hom vertrou vir hulp.Ja, terwyl ons wag vir 'n antwoord op gebed, wag Hy ook. Hy wag om genade aan ons te betoon. Hy wil ons seën. Nou waarvoor wag Hy?Ons kan nie heeltemal seker wees nie, maar ek is redelik seker Hy wag vir die regte tyd, sy tyd, die tyd wanneer ons hart uiteindelik gereed is. Hy sal die regte ding op die regte tyd doen. Hy sal elkeen seën wat op sy hulp wag.So … wag daarvoor.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 8, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Jesaja 30:18 Tog wag die Here gretig dat julle terugkom na Hom toe. Hy wil genade aan julle bewys. Die Here is ’n God wat regverdig is. Hy seën die mens wat op Hom vertrou vir hulp. Ons het in die weermag 'n gesegde gehad: “Maak gou en wag.” Dit het gelyk of ons altyd aangejaag word om betyds iewers te wees, net om ure lank te staan en wag vir iets om te gebeur. Ag nou ja, ons weet almal dat daardie "maak gou en wag"- irritasie nogal baie in die lewe voorkom. Jy voel...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Wag Daarvoor

0:00 2:53

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 8, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!