Wag Hoopvol episode artwork

EPISODE · Aug 12, 2026 · 3 MIN

Wag Hoopvol

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 27:14 Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here! Jy ken daardie tye wanneer jy desperaat gewag het dat dinge moet verander? Jy het gebid, maar dit het gevoel of die hemel swyg. Jy het werk gehard, maar niks het verander nie. Soos die wagtyd langer geword het, het jou hoop begin vervaag.Jane Grey Swisshelm, ’n Amerikaanse joernalis en aktivis uit die negentiende eeu, is gespot, stilgemaak en selfs gedreig oor haar kritiek oor slawerny en onreg. Tog het sy geweier om tou op te gooi. Sy het eerder vol hoop gewag dat God dinge sal regstel. Sy het geglo dat die waarheid belangrik is en dat God self vir sy saak sal opstaan. Na jare se gespook het haar stem die openbare mening oor slawerny verander. Goed, dit was haar situasie destyds. Maar wat van ons, vandag? Hoe wag ’n mens met hoop? Gister het ons in Psalm 27:4 gesien hoe ons begeertes verander wanneer ons ons verlustig in die Here; om die waarheid te sê, dit verander ons hele uitkyk op die lewe. Dit is die sleutel - om na God Self te smag. En vandag moedig Koning Dawid ons nog verder aan in:Psalm 27:14 Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!Die Hebreeuse woord vir "wag" beteken nie sommer net om tyd te verdryf terwyl jy senuweeagtig aan jou naels kou nie. Dit beteken om met hoop te wag - om in afwagting vorentoe te beur: om oortuig te wees daarvan dat God se hulp op pad is.Terwyl hy deur vyande omring was, het Dawid geleer wat daardie soort hoop is; want dit vloei natuurlik voort uit ’n diep verlange na God Self. Dawid kon vertrou dat God sou ingryp – en God hét.En ek kan jou belowe, in Christus skyn daardie hoop op sy helderste. Die kruis het na duisternis gelyk, maar die opstanding was naby. Om met hoop op Jesus te wag, is nooit tevergeefs nie, want Hy is getrou. So, as jy jouself tans in God se "wagkamer" bevind, moenie moed verloor nie. Smag na God Self. Hou aan om op Jesus te vertrou. Dít is die plek waarvandaan sy moed en sy hoop sal vloei. Sy hulp is op pad – altyd presies betyds.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 12, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 27:14 Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here! Jy ken daardie tye wanneer jy desperaat gewag het dat dinge moet verander? Jy het gebid, maar dit het gevoel of die hemel swyg. Jy het werk gehard, maar niks het verander nie. Soos die wagtyd langer geword het, het jou hoop begin vervaag. Jane Grey Swisshelm, ’n Amerikaanse joernalis en aktivis uit die negentiende eeu, is gespot, stilgemaak en selfs gedreig oor haar kritiek oor slawe...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Wag Hoopvol

0:00 3:19

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 12, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!