Wanneer die Verlede Roep, moenie Antwoord Nie episode artwork

EPISODE · Feb 13, 2026 · 3 MIN

Wanneer die Verlede Roep, moenie Antwoord Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailFilippense 3:13-14 Nee, broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee. (NLV) Ongelukkig wil baie mense nie terugdink aan die ongeneesde wonde uit hulle verlede nie; hulle wil die seerkry van afknouery op die skoolterrein, afbrekende woorde van 'n ouer of onderwyser, 'n gebroke verhouding, of 'n onopgeloste skuldgevoel ignoreer, asof dit nooit gebeur het nie. Maar, om vry te kom van die seer van die verlede, moet ons tog daaraan dink en dit hanteer.Laat my toe om jou van my seerkry te vertel. My eerste vrou het my vir een van my beste vriende verlaat. Ek was nie 'n slegte mens nie, maar 'n gedrewe, Tipe-A-presteerder, en ek verstaan dit nou, dekades later, eers heeltemal. Maar, weet jy, daardie verwerping het 'n diep wond gelaat.Die onvermydelike rouproses het 'n paar jaar geneem, maar ek moes die besluit neem om met die seerkry te breek. Op die ou end moet ons elkeen 'n besluit neem. Ons kan óf kies om die wond te versorg, wat onvermydelike verandering gaan behels, óf ons kan aanhou om die roof af te krap, wat gaan lei tot bloeding en infeksie.Ongelukkig kies baie mense laasgenoemde. Hulle kom nooit oor die seer van die verlede nie en neem nie verantwoordelikheid vir die veranderinge wat hulle moet maak nie.Filippense 3:13-14 Nee, broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee. (NLV)Die apostel Paulus, wat hierdie brief aan die mense in Filippi geskryf het, moes sy pynlike verlede van vervolging van Christene hanteer. Tog het hy gekies om nie toe te laat dat dit hom definieer nie. In plaas daarvan het hy doelgerig vorentoe gegaan, gefokus op God se roeping, eerder as die selfverwyt oor sy verlede.Moenie antwoord wanneer die verlede roep nie.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 13, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Filippense 3:13-14 Nee, broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee. (NLV) Ongelukkig wil baie mense nie terugdink aan die ongeneesde wonde uit hulle verlede nie; hulle wil die seerkry van afknouery op die skoolterrein, afbrekende woorde van 'n ouer of onderwyser, 'n gebroke...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Wanneer die Verlede Roep, moenie Antwoord Nie

0:00 3:02

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 13, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!