Wanneer Gebrokenheid ‘n Seën Word episode artwork

EPISODE · Aug 5, 2024 · 2 MIN

Wanneer Gebrokenheid ‘n Seën Word

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJeremia 17:14 Here, U alleen kan my gesond maak. U alleen kan my red. U alleen prys ek! (NLV) Was jy al ooit op moedverloor se vlakte? Het jy al ooit gevoel dat iets nie reg is nie; dat jy net nie meer krag oor het om al die probleme wat na jou kant toe kom, te hanteer nie? Ons praat nie te veel daaroor nie … maar in die in-mandjie van my rekenaar is daar al hoe meer artikels soos: “Dertien maniere om met meer energie wakker te word,” of “Hier is vinnige, eenvoudige dinge wat jy kan doen om jou gesondheid, geluk en welvaart ’n hupstoot te gee,” of “Ek lieg vir my terapeut – en ek is nie die enigste een nie.” Hierdie artikels klink almal anders, maar eintlik spruit hulle uit die gevoel dat dinge nie heeltemal reg is nie; dat ons 'n gebrekkige, onvervulde lewe lei; dat ons op een of ander manier gebroke is. Mense gryp maar net na strooihalms. Ja, kom ons kyk: hulle stem almal saam; jy moet die basiese dinge regmaak - 'n gesonde dieet, matige oefening, 'n goeie nag se slaap, gesonde verhoudings... Mooiskoot! Maar hul slaan die bal mis - daar is net een manier om hierdie gebrokenheid in seën te verander. Jeremia 17:14 Here, U alleen kan my gesond maak. U alleen kan my red. U alleen prys ek! (NLV) God is die enigste Een wat jou werklik van binne kan genees; wat jou met sy heerlikheid kan vul, wat jou met sy liefde kan oorweldig, jou deur sy Gees kan genees en vir jou alles kan gee wat jy nodig het om, ongeag watter probleme jy beleef, nie net te oorleef nie, maar om te floreer. Want U alleen kan my gesond maak. U alleen kan my red. U alleen prys ek! En weet jy, my vriend, wanneer Hy jou red, is jy waarlik vry. Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 5, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Jeremia 17:14 Here, U alleen kan my gesond maak. U alleen kan my red. U alleen prys ek! (NLV) Was jy al ooit op moedverloor se vlakte? Het jy al ooit gevoel dat iets nie reg is nie; dat jy net nie meer krag oor het om al die probleme wat na jou kant toe kom, te hanteer nie? Ons praat nie te veel daaroor nie … maar in die in-mandjie van my rekenaar is daar al hoe meer artikels soos: “Dertien maniere om met meer energie wakker te word,” of “Hier is vinnige, eenvou...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Wanneer Gebrokenheid ‘n Seën Word

0:00 2:49

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 5, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!