Wanneer Jou Voet Besig is om te Gly episode artwork

EPISODE · May 22, 2026 · 2 MIN

Wanneer Jou Voet Besig is om te Gly

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 94:18-19 Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde my regop gehou, Here. Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring. Die druk wat ons in die lewe ervaar, bekruip ons dikwels geleidelik, onmerkbaar. Jy leef net daarmee saam totdat jy eendag op breekpunt kom.Ek het onlangs met 'n vriend van my in sy sewentigs gesels. Hy het gewonder wat God volgende vir hom in gedagte het, nadat hy pas sy deeltydse werk voltooi het. Hy was altyd, behalwe vir 'n bietjie pyn en 'n bietjie onsekerheid oor ‘n knievervangingsoperasie in die nabye toekoms, ‘n gelukkige en positiewe mens. Maar nou, met al die verwikkelinge wêreldwyd, het hy begin besorg raak oor sy finansies en gewonder hoeveel tyd hy en sy vrou saam op hierdie aarde oor het. Ek kon sien dat hy nie homself was nie, hy was onder druk. Dis hoe dit in die lewe is... Ek is seker jy kan jouself hiermee vereenselwig.Hierdie psalmis was baie duidelik deel van 'n gemeenskap onder druk, waar die goeie mense aan die hande van die goddeloses gely het. Daarom bid hy tot God in:Psalm 94:18-19 Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde my regop gehou, Here. Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring.Dis ‘n aaklige gevoel wanneer jy voel asof jou voete gly, en asof die sorge van die lewe jou gaan oorweldig.Kom ons wees realisties - God verwyder nie altyd die oorsaak van ons probleem nie. In plaas daarvan vertroos Hy ons, Hy ondersteun ons daardeur. So, verstaan mooi, daardie goddelike vertroosting is nie die afwesigheid van probleme nie, maar die teenwoordigheid van God, te midde daarvan. Hy vervang angs met vreugde, chaos met stabiliteit. Hou moed. Jy is nie alleen nie.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 22, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 94:18-19 Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde my regop gehou, Here. Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring. Die druk wat ons in die lewe ervaar, bekruip ons dikwels geleidelik, onmerkbaar. Jy leef net daarmee saam totdat jy eendag op breekpunt kom. Ek het onlangs met 'n vriend van my in sy sewentigs gesels. Hy het gewonder wat God volgende vir hom in gedagte het, nadat hy pas sy deeltydse werk voltooi het. Hy ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Wanneer Jou Voet Besig is om te Gly

0:00 2:52

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 22, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!