Wanneer Jy In Die Moeilikheid Is episode artwork

EPISODE · Apr 6, 2024 · 2 MIN

Wanneer Jy In Die Moeilikheid Is

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 138:7,8 As die nood my oorval, hou U my in die lewe teen die woede van my vyande in: U strek u hand uit, u regterhand red my. Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie. Daar is tye in ons lewens wanneer die vermoë om met vertroue op die beloftes van God te staan, werklik belangrik is. Ja, ek weet dis altyd belangrik, maar dit voel ekstra belangrik wanneer ons moeilike tye ervaar.Wanneer laas het ‘n moeilike situasie jou voete totaal onder jou lyf uitgeslaan? Benoudheid, teëspoed, ellende, angs, verdrukking … noem dit maar wat jy wil, moeilikheid is geneig om jou geloof tot in die kern te skud - om jou vertroue in God te skud. Dit is eintlik 'n baie natuurlike reaksie.Daarom is dit selfs belangriker om in tye van moeilikheid met vertroue op die beloftes van God te staan. En hier getuig een man, koning Dawid van Israel, wat dikwels vir sy lewe moes vlug, van sy vertroue in God:Psalm 138:7,8 As die nood my oorval, hou U my in die lewe teen die woede van my vyande in: U strek u hand uit, u regterhand red my. Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie.Kan ek jou 'n vraag vra? Waar is Dawid vandag? Wel, hy is nie hier nie. Hy het uiteindelik gesterf, soos ons almal ook eendag sal. God het immers 'n tyd en 'n doel daarmee, ook vir jou en vir my. Maar as jy na Dawid se lewe kyk, het God hom keer op keer die wysheid, die leiding, die vertroue en die voorsiening gegee om in sy tye van benoudheid te oorleef.God sal, in hierdie tyd tussen vandag en wanneer Hy jou, net op die regte tyd, huis toe roep, sy hand na jou uitsteek om jou uit jou moeilikheid te verlos. Want, my vriend, sy onwrikbare liefde vir jou, duur tot in ewigheid en Hy sal nie die werk van sy hande laat vaar nie.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 6, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 138:7,8 As die nood my oorval, hou U my in die lewe teen die woede van my vyande in: U strek u hand uit, u regterhand red my. Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie. Daar is tye in ons lewens wanneer die vermoë om met vertroue op die beloftes van God te staan, werklik belangrik is. Ja, ek weet dis altyd belangrik, maar dit voel ekstra belangrik wanneer ons moeilike ty...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Wanneer Jy In Die Moeilikheid Is

0:00 2:49

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 6, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!