Wanneer Jy Net Sommer Weet episode artwork

EPISODE · Feb 19, 2024 · 2 MIN

Wanneer Jy Net Sommer Weet

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 138:7,8 As ellende op my toesak, sal U my bewaar van die woede van my vyande. U steek u hand uit en red my deur u krag. Here, U sal u doel met my bereik, want u troue liefde, Here, ken geen einde nie. Moenie die werke van u hande laat vaar nie. (NLV) Het jy al ooit gewonder hoekom God, in Sy wysheid, dieselfde ding oor en oor in sy Woord sê? Dit is 'n vraag wat ek myself al dikwels afgevra het. Hoekom doen Hy dit?Ek kan nie tel hoeveel keer my pa my as kind nie op my plek gesit het, as ek die takies waarvoor ek verantwoordelik was, afgeskeep het. Sy woorde was altyd: As iets die moeite werd is om te doen, my seun, is dit die moeite werd om dit goed te doen. Hy het dit seker honderde kere by my ingedril.Vandag, meer as 'n half eeu later, bly daardie getrouheid en noukeurigheid en daardie begeerte om in alles wat ek doen my bes te lewer, diep by my ingeburger. Dit is deel van wie ek is, en dis te danke aan dít wat my pa, terwyl ek in die huis was, tot vervelens vir my gesê het.Miskien is dit waarom God so dikwels in die Bybel van sy getrouheid, en sy standvastige liefde praat. Ons hoor dit telkens in die Psalms by koning Dawid:Psalm 138:7,8 As ellende op my toesak, sal U my bewaar van die woede van my vyande. U steek u hand uit en red my deur u krag. Here, U sal u doel met my bereik, want u troue liefde, Here, ken geen einde nie. Moenie die werke van u hande laat vaar nie. (NLV)Wanneer ons deur moeilike situasies gaan, is ons eerste instink om paniekerig te raak en self te probeer planne beraam. Maar elke keer as ons probleme ondervind, wil God ons van sy getrouheid verseker. Hy wil ons daardeur leer om op sy onfeilbare liefde te vertrou, sodat dit uiteindelik deel van ons menswees kan word.Here, U sal u doel met my bereik, want u troue liefde, Here, ken geen einde nie. Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 19, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 138:7,8 As ellende op my toesak, sal U my bewaar van die woede van my vyande. U steek u hand uit en red my deur u krag. Here, U sal u doel met my bereik, want u troue liefde, Here, ken geen einde nie. Moenie die werke van u hande laat vaar nie. (NLV) Het jy al ooit gewonder hoekom God, in Sy wysheid, dieselfde ding oor en oor in sy Woord sê? Dit is 'n vraag wat ek myself al dikwels afgevra het. Hoekom doen Hy dit? Ek kan nie tel hoeveel keer my pa my as kind ni...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Wanneer Jy Net Sommer Weet

0:00 2:42

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 19, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!