Wanneer Jy Skuldig Is episode artwork

EPISODE · Apr 19, 2024 · 3 MIN

Wanneer Jy Skuldig Is

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailDeuteronomium 22:8 “Wanneer jy 'n nuwe huis bou, moet jy 'n reling rondom die dak aanbring sodat jy nie met jou huis iemand se dood veroorsaak as hy van die dak af val nie. In die meeste lande is beroepsgesondheid en -veiligheid ‘n groot saak. En dit is billik, want op plekke waar dit nie ‘n prioriteit is nie, gebeur daar uiteindelik verskriklike dinge met die werkers.Die verwoestende Kader-Speelgoedfabriek-brand in 1993, in Bangkok, word steeds as die ergste industriële brand in die geskiedenis beskou. Wat begin het as 'n klein vlammetjie op die eerste verdieping, het vinnig in ‘n tragedie ontaard, as gevolg van ‘n swak ontwerpte gebou met onvoldoende brandtrappe. 188 Mense is dood en meer as 500 is ernstig beseer.Dis onvergeeflik. Dis aaklig! Hoe kon daardie fabriekseienaars dit toegelaat het? Ek hoop hulle is tronk toe!Die onderliggende beginsel hier is dat ons 'n verantwoordelikheid het om in die versorging van ander mense proaktief te wees; ons is veronderstel om vooruit te dink om sodoende skade te voorkom. Maar weet jy, beplande voorsorg vir ander mense se veiligheid is nie ‘n nuwe konsep nie. Ons lees in: Deuteronomium 22:8 “Wanneer jy 'n nuwe huis bou, moet jy 'n reling rondom die dak aanbring sodat jy nie met jou huis iemand se dood veroorsaak as hy van die dak af val nie.Dink jy ooit in jou daaglikse wandel, vooruit daaraan hoe jy ander mense kan beskerm? Nouja, miskien sal niemand van jou dak afval nie, maar wat van skade, van mishandeling, van konflik, van enige aantal dinge wat hulle kan benadeel en seermaak?Wat kan jy doen om jou kollega by die werk te help, wanneer sy fout op die punt staan om die woede van die bestuur te ontketen? Hoe kan jy intree om 'n vriend te help om 'n groot konflik in sy huwelik te voorkom?Watter beginsel leer God ons hier? As ons iets sien wat ander mense kan benadeel, maar niks daaraan doen nie, is ons skuldig; ons is skuldig aan die ramp wat hulle tref.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 19, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Deuteronomium 22:8 “Wanneer jy 'n nuwe huis bou, moet jy 'n reling rondom die dak aanbring sodat jy nie met jou huis iemand se dood veroorsaak as hy van die dak af val nie. In die meeste lande is beroepsgesondheid en -veiligheid ‘n groot saak. En dit is billik, want op plekke waar dit nie ‘n prioriteit is nie, gebeur daar uiteindelik verskriklike dinge met die werkers. Die verwoestende Kader-Speelgoedfabriek-brand in 1993, in Bangkok, word steeds as die ergste indust...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Wanneer Jy Skuldig Is

0:00 3:07

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 19, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!