Wanneer Liefde Seëvier episode artwork

EPISODE · Nov 27, 2024 · 2 MIN

Wanneer Liefde Seëvier

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Johannes 3:18 Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings. (NLV) Kom ons kyk ‘n bietjie na die temas van rolprente. Jy sal sien dat liefdesverhale onder die gewildste van alle genres is. Baie mense geniet inderdaad aksie films of dramas en selfs gruwelfilms (nou nie heeltemal my ding nie!). Maar ek dink liefdesverhale bly bo aan die lys. Hoekom is dit?Nouja, het jy al ooit een van daardie rolprente met ‘n liefdestema ontleed? Het jy al na die intrige en die karakters gekyk om te sien hoekom ons so graag daarna kyk? Die resep wat hulle laat werk, is wanneer die liefde, teen die normale verloop, seëvier; wanneer die liefde uitgedaag word deur uitsonderlike uitdagings en beproewings, en nogtans seëvier.Kom ons erken dit, as die draaiboek bloot uit twee mense sou bestaan wat vir mekaar sê: "Ek is lief vir jou," al het hulle allerhande kreatiewe maniere om dit te sê, sou dit nogal vervelig wees, nie waar nie?! Of as hulle gelukkig getroud is, in 'n mooi huisie woon, twee goed aangepaste kinders het, en dag na dag doodgelukkig is, sou enigiemand daardie fliek vir negentig minute wil kyk? Waarskynlik nie.Nee, ons smag daarna om oor die mees uitdagende omstandighede die liefde te sien seëvier. Ons verlang daarna om te sien hoe liefde volhard en die oorhand kry ten spyte van erge beproewings. Dit is wat 'n liefdesverhaal laat slaag. Ja, kom ons wees eerlik, dis lekker om daarna te kyk. Hier is die liefde waarna ons smag in:1 Johannes 3:18 Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings. (NLV)As jy dit op die keper beskou, word liefde skielik ‘n werklikheid wanneer ons uitdagende omstandighede oorwin, en in die naam van liefde, erge beproewinge te bowe kom ….Dis een ding om te sê dat ons iemand liefhet. Dit is heeltemal 'n ander ding om daardie liefde te demonstreer deur die opofferings wat ons vir hulle maak. Laat jou liefde opreg wees!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 27, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Johannes 3:18 Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings. (NLV) Kom ons kyk ‘n bietjie na die temas van rolprente. Jy sal sien dat liefdesverhale onder die gewildste van alle genres is. Baie mense geniet inderdaad aksie films of dramas en selfs gruwelfilms (nou nie heeltemal my ding nie!). Maar ek dink liefdesverhale bly bo aan die lys. Hoekom is dit? Nouja, het jy al ooit een van daardie rolprent...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Wanneer Liefde Seëvier

0:00 2:59

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on November 27, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!