Wanneer Vriende Jou Verlaat episode artwork

EPISODE · May 16, 2024 · 2 MIN

Wanneer Vriende Jou Verlaat

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 19:4 Rykdom bring baie mooiweersvriende. ’n Arm man het geen vriende nie. (NLV) Daar is niks wat ons meer van stryk af bring, niks wat meer ontstellend is, niks wat meer teleurstellend en … sommer net pynlik is, as wanneer iemand wat jou vriend is wanneer dit voorspoedig gaan, jou verlaat wanneer dit sleg gaan. Het jy al ooit daardie ervaring gehad?Dis alles behalwe lekker. Wanneer jy hoog vlieg, wil almal jou vriend wees. Wanneer jy val en brand; wanneer jou emosies wipplank ry; wanneer jou lewe ‘n gemors is; sal party van jou sogenaamde vriende 'n tree terug gee en hulle van jou distansieer.Natuurlik is dit geensins 'n nuwe verskynsel nie. Meer as drieduisend jaar gelede het die wyse ou koning Salomo dit so gestel:Spreuke 19:4 Rykdom bring baie mooiweersvriende. ’n Arm man het geen vriende nie. (NLV)Dit laat die vraag vir ons elkeen ontstaan: Watter soort vriend is ek? Is ek 'n mooiweersvriend, dié soort wat vriende is met suksesvolle mense en van diegene in nood wegstap. Of is ek iemand wat mense deur dik en dun sal bystaan?Sê my ... watter soort vriend is jy? Dink aan die mense in jou lewe - diegene wat op die oomblik goed vaar, en diegene wat nie welaf is nie. Het jy twee verskillende wyses waarop jy die deftiges en die sukkelaars behandel? Neig jy meer na diegene wat hul sake in orde het en distansieer jy jouself van diegene wat nie so suksesvol is nie?Dit is seker in 'n mate ‘n natuurlike reaksie. Ons het almal ‘n behoefte aan ondersteunende verhoudings. Maar dan moet ons ook in verhoudings wees, waar ons die een is wat gee, eerder as om te neem.Rykdom bring baie mooiweersvriende. ’n Arm man het geen vriende nie. Moenie ‘n mooiweersvriend wees nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 16, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 19:4 Rykdom bring baie mooiweersvriende. ’n Arm man het geen vriende nie. (NLV) Daar is niks wat ons meer van stryk af bring, niks wat meer ontstellend is, niks wat meer teleurstellend en … sommer net pynlik is, as wanneer iemand wat jou vriend is wanneer dit voorspoedig gaan, jou verlaat wanneer dit sleg gaan. Het jy al ooit daardie ervaring gehad? Dis alles behalwe lekker. Wanneer jy hoog vlieg, wil almal jou vriend wees. Wanneer jy val en brand; wanneer jou ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Wanneer Vriende Jou Verlaat

0:00 2:56

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 16, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!