Wat Saai Jy? episode artwork

EPISODE · Oct 17, 2024 · 2 MIN

Wat Saai Jy?

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailGalasiërs 6:8 Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes. Ek wil jou graag vandag uitdaag om diep asem te haal en jouself af te vra: hoe lyk my lewe? Goed, ek weet die lewe is ingewikkeld, soms deurmekaar. Maar kom ons maak dit persoonlik en vra jou: hoe leef jy jou lewe? Of anders gestel, watter saad saai jy vir jou toekoms?So, stel jou voor, die boer ploeg sy land om en saai mieliesaad op die regte tyd. Die weer is gunstig, alles gaan goed. Hy raak besig met ander dinge en vergeet heeltemal dat hy mieliesaad in sy land gesaai het.Toe daar klein groen lootjies uit die grond opkom, vermoed hy dat daar iets fout is. “Het ek nie koring in daardie land gesaai nie?” Maar soos die dae verbygaan, sien hy tot sy ontsteltenis dat hy beslis nie koring gaan oes nie. Toemaar ek weet, dit klink beslis baie onnosel. Niemand sal tog so dom wees nie! Jy sal verbaas wees! Wanneer jy om jou rondkyk, sien jy ‘n spul baie onnosel mense wat hul lewens leef deur net hul eie selfsugtige begeertes te bevredig, terwyl hulle verwag om aan die einde van hulle lewens 'n oes van ‘n ewige lewe te hê! Beslis onnosel, nè?Galasiërs 6:8 Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes.My vriend, eer God, gehoorsaam Hom, bid deur sy Gees, glo in Jesus en leef ‘n lewe wat wys dat jy werklik in Hom glo; dit is die pad na die ewige lewe. Dit is hoe jy die oes sal pluk waarop jy hoop. Maar as jy lewe om jou sondige self te bevredig, sal die oes wat jy daaruit kry, die ewige dood wees.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Oct 17, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Galasiërs 6:8 Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes. Ek wil jou graag vandag uitdaag om diep asem te haal en jouself af te vra: hoe lyk my lewe? Goed, ek weet die lewe is ingewikkeld, soms deurmekaar. Maar kom ons maak dit persoonlik en vra jou: hoe leef jy jou lewe? Of anders gestel, watter saad saai jy vir jou toekoms? So, stel jou voor, die ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Wat Saai Jy?

0:00 2:47

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on October 17, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!