Wat Sal God Nie Seën Nie? episode artwork

EPISODE · Aug 8, 2024 · 2 MIN

Wat Sal God Nie Seën Nie?

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJesaja 59:1,2 Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie. Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie. Daar is tye in die lewe wanneer God 'n miljoen kilometer ver weg voel. En dit is 'n ontstellende gevoel. Selfs as jy God nie regtig ken nie; as jy nog nooit jou hart met oorgawe aan Jesus gegee het nie, weet jy steeds dat iets skort.Miskien wil jy vandag hê ek moet praat oor God se seën, die groot toekoms wat Hy vir jou beplan het, die goeie dinge wat Hy in jou lewe wil laat gebeur? En hoewel al hierdie dinge waar is, kry jy vandag nie een van daardie boodskappe nie!Ek moet vandag konsentreer op die kern oorsaak van ons skeiding van God: die besluit om ons eie pad te loop. Ons lees in die Bybel dat dit sonde is en dat ons nie daardeur vir God eer nie ... maar dit was duisende jare gelede van toepassing. Dinge het verander. Ek weet nou van beter. Ek sal daardie gedeelte uit my Bybel uitskeur en my eie pad loop. Het jy al gesien dat dinge bietjie vir bietjie begin skeefloop en voor jy weet, is jy in 'n groot gemors en dit lyk of God 'n miljoen kilo’s ver is. Hier is hoe dit gebeur het:Jesaja 59:1,2 Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie. Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie.Wat is die slotsom? God seën nie wat sy Woord verbied nie.Omdat Hy jou liefhet, sal Hy nooit jou sonde goedpraat, seën of ignoreer nie. Maar deur Jesus, sal Hy jou vergewe as jy van daardie sonde af wegdraai en na Hom toe terug kom. En binne 'n oomblik is Hy nader as die diepste geheim van jou hart, want …Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 8, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Jesaja 59:1,2 Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie. Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie. Daar is tye in die lewe wanneer God 'n miljoen kilometer ver weg voel. En dit is 'n ontstellende gevoel. Selfs as jy God nie regtig ken nie; as jy nog nooit jou hart met oorgawe aan Jesus gegee...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Wat Sal God Nie Seën Nie?

0:00 2:53

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 8, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!